Die Wapenrusting van God

As ons iets van hierdie prentjie of metafoor wat Paulus gebruik wil verstaan, sal ons so bietjie dieper moet delf –  wat ons met die afgelope Pinksterreeks probeer doen het.

Om te kan verstaan  wat Paulus bedoel, moet ons vir die oomblik onderskeid maak tussen die geestelike en die fisiese.

Kom ons gaan kyk eers na die fisiese. Watter liggaamsdeel is deur elk van die stukke wapenrusting beskerm. Wat moes daardie liggaamsdeel verrig? Wat moes elke stuk wapenrusting dus suksesvol vermag en bevorder?

3DC52583-8AB1-462D-B397-9AC85288FE1B

As ons die fisiese wapenrusting verstaan, kan ons die lesse wat ons daar geleer het oordra, na die geestelike wapenrusting. Nou moet ons ‘n volgende stel vrae gaan vra.

FDBCE9C7-E3B0-4AA2-A533-B604CBB88FE0

Hier is ‘n voorbeeld.

  • As my bene en heupe fisies gebuik moet word om te beweeg, hoe moet ek op ‘n geestelike vlak “beweeg”? Antwoord: Ek moet met God wandel!
  • Wat verhinder my om met God te wandel? Leuens! Leuens oortuig my dat ek sonder God kan klaarkom, of dat Hy my nie liefhet nie, ens.
  • Waarmee beveg mens leuens? Met die waarheid! Daarom word die waarheid hier ‘n gordel genoem. Die waarheid moet my dus help om met vrymoedigheid saam met God te wandel.

Die waarheid oor God is die enigste manier om my teen leuens van die Duiwel te beskerm sodat ek met God kan wandel.

Deur hierdie patroon te gebruik en elke deel van die wapenrusting so te ondersoek sal ons meer insig oor die boodskap in hierdie prentjie kry. Mag ons geloof hierdeur versterk word.