As slegte goed gebeur…

Partykeer gebeur dinge met jou wat nie lekker is nie.  Miskien moet jy groente eet waarvan jy nie hou nie – dis nie lekker nie, maar dit is darem nie so erg nie. As jy jou oë toeknyp is dit binne ʼn japtrap verby. Maar ander dinge is weer nie so nie. Ander goed maak jou bang en dit gaan nie weg nie! Ja, sommige goed maak selfs dat Pappa met ʼn kwaai gesig rondloop terwyl Mamma in die kamer huil.

Die Here wil hê dat wanneer so iets met een van sy kinders gebeur hulle ʼn paar dinge moet onthou! Lees voort

Creative Bible Teaching

51NnpVmeSzL._SX326_BO1,204,203,200_
Bou jy brûe? Om die boodskap van die Skrif helder en duidelik oor te dra is baie soos om ʼn brug te bou. Daar is egter ʼn groot verskil. In stede daarvan om ʼn pad oor valleie of riviere te probeer bou moet die voorganger in hierdie geval beide kulturele grense en die groot gaping tussen die hede en antieke tye oorbrug. Hierdie figuurlike brug moet ook nie net die hede en die verlede oorspan nie, maar ook die toekoms! Lees voort

Bybelstudie in ‘n Neutedop

75598Wanneer ‘n mens die Bybel bestudeer is dit maklik om as’t ware oor al die kosbare skatte te lees. ‘n “Induktiewe Bybelstudie proses” kan ons hiermee help. Hier is een wat uit Richards en Bretfield se “Creative Bible Teaching” oorgeneem is.

Eers gaan ons elke stap verduidelik. Aan die einde van hierdie dagboekinskrywing sal ons ook skakel na ‘n PDF-werkkaart plaas wat jou stap vir stap deur die proses sal begelei. Mag jy ‘n nuwe diepgang in jou Bybelstudie beleef. Lees voort

Pas jou verhouding binne God se raamwerk?

7807C3EC-7BC8-4367-88EC-195EA9D76E86Visse is gemaak om in water te lewe. Almal weet dit. Maar, sê nou maar, een kyk op ‘n dag op en dink: “Sjoe! Ek wil uit die water uit, ek wil so vry soos die voëls daarbo wees,” en hy besluit om dadelik die daad by die woord te voeg en uit die water te spring… Gaan hy vry wees?

Die antwoord is: “Nee!” Visse is nie gemaak om buite die water te lewe nie. Die oomblik as daardie vis uit die water uit is kan hy skaars beweeg! Erger nog: na ‘n paar minute is daardie vis dood omdat hy nie meer kan asemhaal nie. So ‘n vis buitekant die water is nie vry nie, hy is dood! ‘n Vis is op sy gelukkigste ín die water. Lees voort

Moet ek by ‘n Gemeente inskakel?

harry-miller-106042.jpgDaar is baie redes hoekom al meer mense wat hulle self “Christene” noem nie meer deel  van ʼn formeel georganiseerde groep gelowiges wil wees nie. M.a.w. daar is al meer “Christene” wat nie meer deel van ʼn gemeente wil wees nie.

Die redes wissel van “ek is nie lus nie vir hierdie klomp mense nie” en “ek hou nie van die manier hoe hulle kerk hou nie” tot “ek is kwaad vir die kerk want dit en dat het gebeur” en “ek het in die kerk baie seer gekry”. Lees voort