Hoekom het ons hierdie 66 Boeke in ons Bybel?

bible-1846174_960_720.jpgDie woord “Kanon” word gebruik om die Boeke wat Goddelik geïnspireer is (en daarom in die Bybel hoort) te beskryf. Alles sou baie makliker gewees het as die Bybel iewers vir ons ʼn lys gegee van al die Boeke wat in die Bybel hoort (en watter nie). Dit is egter nie so eenvoudig nie. Die proses om die Kanon vas te stel is ʼn proses wat aanvanklik deur die Joodse rabbi’s en skrifgeleerdes begin is en later deur die vroeë Christelike kerk voortgesit is. Hoewel mense by die proses betrokke was, moet ons eindelik erken: Dit was God wat besluit het watter Boeke in die Kanon hoort en watter nie. Elke Bybelboek wat deel is van die Kanon was deel daarvan vanaf die oomblik dat God die skrywer geïnspireer het om die Boek te skryf. Die boeke self het, deur die werk van die Heilige Gees, die lesers oortuig dat hulle Goddelik is. Ons noem dit die selfgetuienis van die Skrif. Erkenning van die gesag van die Bybelboeke het oor jare (eeue) plaasgevind. Die kerk het nooit amptelik besluit watter boeke is kánoniek nie, maar slegs hulle Kanonisiteit erken. Continue reading