Stalletjie by die Interhoër

Op 24 Februarie 2018 was dit Hoërskool Rob Ferreira se beurt om die Interhoër aan te bied. Dit was ‘n groot storie en mens kan maar net wonder hoeveel reëlwerk voor die tyd moes gebeur!

Die AP Kerk Witrivier het die geleentheid aangegryp om hierdie jaar worsbroodjies en prego’s te verkoop. Reeds die vorige aand het ons begin broodjies smeer en uie kap… Dit was ‘n heerlik verrassing om te sien hoeveel van ons lidmate ‘n handjie kom bysit – ek is die Here diep dankbaar!

Die volgende oggend was sommige van ons reeds 05:00 (die oggend!) op die terrein en ek kan met diepe waardering en bewondering vertel dat meeste van hulle tot 18:00 (die aand!) gehelp het. Daar was ook ‘n hele klomp lidmate wat tussen deur ander verpligtinge ‘n handjie kom gee het. Dit was ‘n heerlike dag, en ons het rede om baie dankbaar te wees. Almal het met ‘n heerlike gees saam gewerk. Die Here het ons werklik geseën.

Mag ons hierdie genade gawe gebruik om sy Naam te verheerlik! SDG!

Moet ek by ‘n Gemeente inskakel?

harry-miller-106042.jpgDaar is baie redes hoekom al meer mense wat hulle self “Christene” noem nie meer deel  van ʼn formeel georganiseerde groep gelowiges wil wees nie. M.a.w. daar is al meer “Christene” wat nie meer deel van ʼn gemeente wil wees nie.

Die redes wissel van “ek is nie lus nie vir hierdie klomp mense nie” en “ek hou nie van die manier hoe hulle kerk hou nie” tot “ek is kwaad vir die kerk want dit en dat het gebeur” en “ek het in die kerk baie seer gekry”. Continue reading