Bybel
Goeie Vrydag 2018
As slegte goed gebeur…
Partykeer gebeur dinge met jou wat nie lekker is nie. Miskien moet jy groente eet waarvan jy nie hou nie – dis nie lekker nie, maar dit is darem nie so erg nie. As jy jou oë toeknyp is dit binne ʼn japtrap verby. Maar ander dinge is weer nie so nie. Ander goed maak jou bang en dit gaan nie weg nie! Ja, sommige goed maak selfs dat Pappa met ʼn kwaai gesig rondloop terwyl Mamma in die kamer huil.
Die Here wil hê dat wanneer so iets met een van sy kinders gebeur hulle ʼn paar dinge moet onthou! Lees voort
11/03/2018
Jou Pa, jou Ma en God
Wanneer die Here Jesus ons in Mattéüs 6 leer bid, leer Hy ons om aan God te dink as ons “Hemelse Vader!” So kom gee Jesus vir ons ‘n prentjie wat ons kan help om ons verhouding met Hom en ons verhouding met ons ouers beter te verstaan.
11/03/2018
25/02/2018
Creative Bible Teaching
Bou jy brûe? Om die boodskap van die Skrif helder en duidelik oor te dra is baie soos om ʼn brug te bou. Daar is egter ʼn groot verskil. In stede daarvan om ʼn pad oor valleie of riviere te probeer bou moet die voorganger in hierdie geval beide kulturele grense en die groot gaping tussen die hede en antieke tye oorbrug. Hierdie figuurlike brug moet ook nie net die hede en die verlede oorspan nie, maar ook die toekoms! Lees voort
Bybelstudie in ‘n Neutedop
Wanneer ‘n mens die Bybel bestudeer is dit maklik om as’t ware oor al die kosbare skatte te lees. ‘n “Induktiewe Bybelstudie proses” kan ons hiermee help. Hier is een wat uit Richards en Bretfield se “Creative Bible Teaching” oorgeneem is.
Eers gaan ons elke stap verduidelik. Aan die einde van hierdie dagboekinskrywing sal ons ook skakel na ‘n PDF-werkkaart plaas wat jou stap vir stap deur die proses sal begelei. Mag jy ‘n nuwe diepgang in jou Bybelstudie beleef. Lees voort
Hoekom het ons hierdie 66 Boeke in ons Bybel?
Die woord “Kanon” word gebruik om die Boeke wat Goddelik geïnspireer is (en daarom in die Bybel hoort) te beskryf. Alles sou baie makliker gewees het as die Bybel iewers vir ons ʼn lys gegee van al die Boeke wat in die Bybel hoort (en watter nie). Dit is egter nie so eenvoudig nie. Die proses om die Kanon vas te stel is ʼn proses wat aanvanklik deur die Joodse rabbi’s en skrifgeleerdes begin is en later deur die vroeë Christelike kerk voortgesit is. Hoewel mense by die proses betrokke was, moet ons eindelik erken: Dit was God wat besluit het watter Boeke in die Kanon hoort en watter nie. Elke Bybelboek wat deel is van die Kanon was deel daarvan vanaf die oomblik dat God die skrywer geïnspireer het om die Boek te skryf. Die boeke self het, deur die werk van die Heilige Gees, die lesers oortuig dat hulle Goddelik is. Ons noem dit die selfgetuienis van die Skrif. Erkenning van die gesag van die Bybelboeke het oor jare (eeue) plaasgevind. Die kerk het nooit amptelik besluit watter boeke is kánoniek nie, maar slegs hulle Kanonisiteit erken. Lees voort