Bybelstudie in ‘n Neutedop

75598Wanneer ‘n mens die Bybel bestudeer is dit maklik om as’t ware oor al die kosbare skatte te lees. ‘n “Induktiewe Bybelstudie proses” kan ons hiermee help. Hier is een wat uit Richards en Bretfield se “Creative Bible Teaching” oorgeneem is.

Eers gaan ons elke stap verduidelik. Aan die einde van hierdie dagboekinskrywing sal ons ook skakel na ‘n PDF-werkkaart plaas wat jou stap vir stap deur die proses sal begelei. Mag jy ‘n nuwe diepgang in jou Bybelstudie beleef. Continue reading

Werk die Heilige Gees in my?

Hands-Drowning-Sea
Toe die Here Jesus op die berg gepreek het, het Hy aan ’n skare “kerkmense” gesê:

Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind.

Let wel: Dit is hoe die Here Jesus met die goddienstige mense van sy tyd gepraat het! ’n Bietjie later in dieselfde preek sê Hy:

Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is.

Continue reading

Hoekom het ons hierdie 66 Boeke in ons Bybel?

bible-1846174_960_720.jpgDie woord “Kanon” word gebruik om die Boeke wat Goddelik geïnspireer is (en daarom in die Bybel hoort) te beskryf. Alles sou baie makliker gewees het as die Bybel iewers vir ons ʼn lys gegee van al die Boeke wat in die Bybel hoort (en watter nie). Dit is egter nie so eenvoudig nie. Die proses om die Kanon vas te stel is ʼn proses wat aanvanklik deur die Joodse rabbi’s en skrifgeleerdes begin is en later deur die vroeë Christelike kerk voortgesit is. Hoewel mense by die proses betrokke was, moet ons eindelik erken: Dit was God wat besluit het watter Boeke in die Kanon hoort en watter nie. Elke Bybelboek wat deel is van die Kanon was deel daarvan vanaf die oomblik dat God die skrywer geïnspireer het om die Boek te skryf. Die boeke self het, deur die werk van die Heilige Gees, die lesers oortuig dat hulle Goddelik is. Ons noem dit die selfgetuienis van die Skrif. Erkenning van die gesag van die Bybelboeke het oor jare (eeue) plaasgevind. Die kerk het nooit amptelik besluit watter boeke is kánoniek nie, maar slegs hulle Kanonisiteit erken. Continue reading

Pas jou verhouding binne God se raamwerk?

7807C3EC-7BC8-4367-88EC-195EA9D76E86Visse is gemaak om in water te lewe. Almal weet dit. Maar, sê nou maar, een kyk op ‘n dag op en dink: “Sjoe! Ek wil uit die water uit, ek wil so vry soos die voëls daarbo wees,” en hy besluit om dadelik die daad by die woord te voeg en uit die water te spring… Gaan hy vry wees?

Die antwoord is: “Nee!” Visse is nie gemaak om buite die water te lewe nie. Die oomblik as daardie vis uit die water uit is kan hy skaars beweeg! Erger nog: na ‘n paar minute is daardie vis dood omdat hy nie meer kan asemhaal nie. So ‘n vis buitekant die water is nie vry nie, hy is dood! ‘n Vis is op sy gelukkigste ín die water. Continue reading

Moet ek by ‘n Gemeente inskakel?

harry-miller-106042.jpgDaar is baie redes hoekom al meer mense wat hulle self “Christene” noem nie meer deel  van ʼn formeel georganiseerde groep gelowiges wil wees nie. M.a.w. daar is al meer “Christene” wat nie meer deel van ʼn gemeente wil wees nie.

Die redes wissel van “ek is nie lus nie vir hierdie klomp mense nie” en “ek hou nie van die manier hoe hulle kerk hou nie” tot “ek is kwaad vir die kerk want dit en dat het gebeur” en “ek het in die kerk baie seer gekry”. Continue reading