Wanneer ons na die toekoms kyk

bright bulb close up dark
Photo by Lukas on Pexels.com

7 voor 7 Pretoria FM 29/02/2016

 

Suid-Afrika se aandag was die afgelope paar weke skerp gefokus op ons universiteite en wat alles daar aangaan. Sosiale netwerke en die media was letterlik aan die brand. Jou mond hang partykeer oop as jy van die dinge hoor. Soms voel dit soos ‘n nagmerrie, en jy wonder wanneer jy gaan wakker word … Lees voort

Jou Toekomsdrome

6BBC2835-6B26-419F-8CEA-EAE4DF5ECCE6

As kinders word ons groot met die idee dat ons enige iets kan word. Van kleins af vertel haasbek-seuntjies entoesiasties dat hulle ruimtevaarders wil word terwyl sproetgesig-meisietjies daarvan droom om ‘n prinses te wees. Tog gaan dit alles oor baie meer as kinderfantasieë. Van vroeg af betaal Ma en Pa deur hulle nekke om vir ons geleenthede te gee. Ons is ernstig daaroor: ons verbeelding alleen is die grense van ons toekomsdrome – niemand het die reg om my vlerke te knip nie!

Mense sê selfs dat as jou drome jou nie bang maak nie, jy nie groot genoeg droom nie! Ander sê weer dat God nie ‘n ambiesie in jou hart sou plaas as Hy jou nie die vermoë en die geleentheid sou gee om dit te kan vermag nie. Lees voort

Aanlyn wêreld vs. regte wêreld

BD051F27-6194-40C0-BE25-2DA4CDD1E644

Elke nou en dan loop mens mos iets op sosiale media raak wat jy nie sommer sal vergeet nie. So blaai ek ‘n rukkie terug op Facebook rond, toe ek op ‘n video afkom van ‘n klomp honde wat aan weerskante van ‘n toe hek staan en baklei. Die hare staan regop en die die tande is uit. Dit is een van daardie kere waar mens maar te bly is dat daar ‘n toe hek tussen hulle is. Maar, terselfdertyd is mens ook effens benoud – die hek is nie heeltemal toe nie! Gelukkig het die honde dit blykbaar nog nie agter gekom nie – maar dis egter net ‘n kwessie van tyd.

Maar dan gebeur die ondenkbare: Iemand maak die hek oop… (Ek maak onmiddellik gereed om verder te blaai – honde baklei soms, ja, maar ek dink nie dis iets om oor te lag nie. Voordat ek egter verder kan blaai sien ek dit toe raak – en dit het my wel lekker laat lag.) Soos wat die hek verder oopmaak, gebruik hulle nie die kans om mekaar direk aan te vat nie. Nee! Hulle skuif maar net verder op sodat daar ‘n stuk hek tussen hulle bly. Eindelik, toe die hek so ver oop is, toe blaas al twee kante sonder ‘n verdere blaf die aftog en elk gaan rustig sy eie koers. (Gaan kyk gerus self die video op Youtube: Brave dogs fighting at gate.) Lees voort

Die Wapenrusting van God

As ons iets van hierdie prentjie of metafoor wat Paulus gebruik wil verstaan, sal ons so bietjie dieper moet delf –  wat ons met die afgelope Pinksterreeks probeer doen het.

Om te kan verstaan  wat Paulus bedoel, moet ons vir die oomblik onderskeid maak tussen die geestelike en die fisiese.

Kom ons gaan kyk eers na die fisiese. Watter liggaamsdeel is deur elk van die stukke wapenrusting beskerm. Wat moes daardie liggaamsdeel verrig? Wat moes elke stuk wapenrusting dus suksesvol vermag en bevorder?

3DC52583-8AB1-462D-B397-9AC85288FE1B

As ons die fisiese wapenrusting verstaan, kan ons die lesse wat ons daar geleer het oordra, na die geestelike wapenrusting. Nou moet ons ‘n volgende stel vrae gaan vra.

FDBCE9C7-E3B0-4AA2-A533-B604CBB88FE0

Hier is ‘n voorbeeld.

  • As my bene en heupe fisies gebuik moet word om te beweeg, hoe moet ek op ‘n geestelike vlak “beweeg”? Antwoord: Ek moet met God wandel!
  • Wat verhinder my om met God te wandel? Leuens! Leuens oortuig my dat ek sonder God kan klaarkom, of dat Hy my nie liefhet nie, ens.
  • Waarmee beveg mens leuens? Met die waarheid! Daarom word die waarheid hier ‘n gordel genoem. Die waarheid moet my dus help om met vrymoedigheid saam met God te wandel.

Die waarheid oor God is die enigste manier om my teen leuens van die Duiwel te beskerm sodat ek met God kan wandel.

Deur hierdie patroon te gebruik en elke deel van die wapenrusting so te ondersoek sal ons meer insig oor die boodskap in hierdie prentjie kry. Mag ons geloof hierdeur versterk word.

As slegte goed gebeur…

Partykeer gebeur dinge met jou wat nie lekker is nie.  Miskien moet jy groente eet waarvan jy nie hou nie – dis nie lekker nie, maar dit is darem nie so erg nie. As jy jou oë toeknyp is dit binne ʼn japtrap verby. Maar ander dinge is weer nie so nie. Ander goed maak jou bang en dit gaan nie weg nie! Ja, sommige goed maak selfs dat Pappa met ʼn kwaai gesig rondloop terwyl Mamma in die kamer huil.

Die Here wil hê dat wanneer so iets met een van sy kinders gebeur hulle ʼn paar dinge moet onthou! Lees voort

Bybelstudie in ‘n Neutedop

75598Wanneer ‘n mens die Bybel bestudeer is dit maklik om as’t ware oor al die kosbare skatte te lees. ‘n “Induktiewe Bybelstudie proses” kan ons hiermee help. Hier is een wat uit Richards en Bretfield se “Creative Bible Teaching” oorgeneem is.

Eers gaan ons elke stap verduidelik. Aan die einde van hierdie dagboekinskrywing sal ons ook skakel na ‘n PDF-werkkaart plaas wat jou stap vir stap deur die proses sal begelei. Mag jy ‘n nuwe diepgang in jou Bybelstudie beleef. Lees voort

Hoekom het ons hierdie 66 Boeke in ons Bybel?

bible-1846174_960_720.jpgDie woord “Kanon” word gebruik om die Boeke wat Goddelik geïnspireer is (en daarom in die Bybel hoort) te beskryf. Alles sou baie makliker gewees het as die Bybel iewers vir ons ʼn lys gegee van al die Boeke wat in die Bybel hoort (en watter nie). Dit is egter nie so eenvoudig nie. Die proses om die Kanon vas te stel is ʼn proses wat aanvanklik deur die Joodse rabbi’s en skrifgeleerdes begin is en later deur die vroeë Christelike kerk voortgesit is. Hoewel mense by die proses betrokke was, moet ons eindelik erken: Dit was God wat besluit het watter Boeke in die Kanon hoort en watter nie. Elke Bybelboek wat deel is van die Kanon was deel daarvan vanaf die oomblik dat God die skrywer geïnspireer het om die Boek te skryf. Die boeke self het, deur die werk van die Heilige Gees, die lesers oortuig dat hulle Goddelik is. Ons noem dit die selfgetuienis van die Skrif. Erkenning van die gesag van die Bybelboeke het oor jare (eeue) plaasgevind. Die kerk het nooit amptelik besluit watter boeke is kánoniek nie, maar slegs hulle Kanonisiteit erken. Lees voort