Creative Bible Teaching

51NnpVmeSzL._SX326_BO1,204,203,200_
Bou jy brûe? Om die boodskap van die Skrif helder en duidelik oor te dra is baie soos om ʼn brug te bou. Daar is egter ʼn groot verskil. In stede daarvan om ʼn pad oor valleie of riviere te probeer bou moet die voorganger in hierdie geval beide kulturele grense en die groot gaping tussen die hede en antieke tye oorbrug. Hierdie figuurlike brug moet ook nie net die hede en die verlede oorspan nie, maar ook die toekoms! Continue reading

Die Institusie van Calvyn

john-calvin-closeup

Opnuut in Afrikaans vertaal en verkort weergegee deur Ds. A. Duvenage.

Hierdie boek is nie bedoel om in die plek van die Institusie gelees te word nie maar om die gewone lidmaat vertroud te maak met die gedagtes van die groot hervormer en om hom op die wyse begerig te maak om self die Institusie te lees en homself te bou met die rykdom van Skrifkennis en ware godsvrug wat soos ‘n verkwikkende waterstroom daarin vloei. Ek is daarvan oortuig dat die gelowiges in ons land, wie hulle ook mag wees en watter posisies hulle ook in die kerklike, maatskaplike en staatkundige lewe van die volk mag beklee, alleen dan die regte koers kan hou en aanwys as hulle weer geestelik hierdie wapenrusting aangetrek het. Continue reading