Mense sê al meer dat ons moet bid – dat ons moet terug keer na God toe. Ek stem heeltemal saam! Daarom is dit nou ‘n goeie geleentheid om die Onse Vader te bestudeer sodat ons weer by ons Heiland kan leer hoe om te bid.
Hier is die klankbaan as jy data wil spaar.
“Só moet julle dan bid: Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee ons vandag ons daaglikse brood; en vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe; en lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Mt. 6:9-13)