Paas Sondag – Erediens

Slide1

Hier is die skakel na die Volledige Video

Hier is ‘n klank-opname vir Paassondag se erediens:

Ons verlosser sal nooit meer sterf nie.

omdat ons weet dat Christus, nadat Hy opgewek is uit die dode, nie meer sterf nie. Die dood heers oor Hom nie meer nie. – Rom. 6:9

Dis ‘n bewys dat die oordeel gaan kom.

omdat Hy ‘n dag bepaal het waarop Hy die wêreld in geregtigheid sal oordeel deur ‘n Man wat Hy aangestel het, en Hy het hiervan aan almal sekerheid gegee deur Hom uit die dode op te wek. – Hand. 17:31

Bevryding van die komende oordeel.

en sy Seun uit die hemele te verwag, wat Hy uit die dode opgewek het, Jesus wat ons van die toekomstige toorn verlos. – 1 Thes. 1:10

Vergifnis van sondes.

en as Christus nie opgewek is nie, dan is julle geloof nutteloos, dan is julle nog in julle sondes; – 1 Kor. 15:17

Ons eie opstanding uit die dood.

Want ons weet dat Hy wat die Here Jesus opgewek het, ons ook deur Jesus sal opwek en saam met julle voor Hom sal stel. – 2 Kor. 4:14

Hy gee ons die Heilige Gees

Hierdie Jesus het God opgewek, waarvan ons almal getuies is. Nadat Hy dan deur die regterhand van God verhoog is en van die Vader die belofte van die Heilige Gees ontvang het, het Hy dít uitgestort, wat julle nou sien en hoor. – Hand. 2:32-33

Geleentheid vir bekering.

Die God van ons vaders het Jesus opgewek, wat julle omgebring het deur Hom aan ‘n kruishout te hang. Hom het God as Leidsman en Verlosser deur sy regterhand verhoog om aan Israel bekering en vergifnis van sondes te skenk. – Hand. 5:30-31

Hy vernuwe ons.

Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat na sy grote barmhartigheid ons die wedergeboorte geskenk het tot ‘n lewende hoop deur die opstanding van Jesus Christus uit die dode, – 1 Pet. 1:3

Geen veroordeling van die gelowiges nie.

Wie is dit wat veroordeel? Christus is dit wat gesterf het, ja, meer nog, wat ook opgewek is, wat ook aan die regterhand van God is, wat ook vir ons intree. – Rom. 8:34

Sy persoonlike teenwoordigheid.

En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen. – Mat. 28:20

Oop graf

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s