Geloftedag – moet ek of wil ek?

portrait of beautiful young woman over white background
Photo by Pixabay on Pexels.com

Is dit regtig nodig om Geloftefees te vier? Is dit regtig nodig om in die warm son na dieselfde verhaal te gaan luister wat ons verlede jaar en die jaar voor dit gehoor het? Kan ek nie maar net rustig by die huis bly of by vriende gaan kuier nie?

As mens sulke vrae vra is daar sommer dadelik ʼn klomp ou ooms met kwaai oë wat sal opspring en sê: “Natuurlik moet jy!” Baie keer is dit sommer die rede hoekom ons besluit om nie te gaan nie: “Geloftedag is vir oumense wat aan ou goed dink – ek het niks daar verloor nie.”

As dit die kort en die lank van Geloftedag is, dan het jy miskien ʼn punt beet. Daarom moet ons seker vra: “Is dit regtig al wat Geloftedag is?” Continue reading