Goedkoop koffie & Goeie Maniere

photo of coffee tumbler
Photo by Matthias Cooper on Pexels.com

7 voor 7 Pretoria Fm 22/07/2016

 

Toe ek gister hierdie wyse stukkie raad probeer volg het, het ek ‘n interessante artikeltjie op Maroela Media raakgeloop.

Daar word vertel dat ‘n restuarant iewers in Virginia ‘n advertensiebord opgesit het wat drie opsies adverteer:

  1. Opsie 1: Koffie – $5
  2. Opsie 2: Koffie asb. – $4
  3. Opsie 3: Goeie Môre, ‘n Koffie asb. – $2,40

M.a.w. Hoe vriendeliker jy is, hoe goedkoper is die koffie! Een van die Kelners, ‘n kêrel genaamd Austin Simms, het blykbaar gesê dat hulle mense probeer aanmoedig om goeie maniere te hê. Blykbaar het foto’s van die advertensie borde die sosiale media aan die gons! Ek dink dit is dus regverdig om aan te neem dat slegte maniere ‘n wydverspreide probleem is…

Soos ons weet is dit beslis nie net ‘n Amerikaanse probleem nie. Na aanleiding van wat ek van heelparty onderwysers verstaan, sukkel baie van ons Suid-Afrikaanse skole met alles van “agressiewe boelie gedrag” af regdeur tot by ‘n apatiese: “ek gee nie om nie”. M.a.w. Alle vorme van slegte maniere is ook by ons ‘n probleem.

As mens mooi oor die saak gaan dink dan sê ‘n gebrek aan goeie maniere net een ding: die persoon met wie ek nou te doen het is nie ‘n groot genoeg prioriteit dat ek my aandag of energie op ‘n positiewe manier op hom of haar hoef te fokus nie. Jy sê in wese met soveel woorde aan die persoon voor jou: “Jy is dit werd nie, jy is nie belangrik genoeg nie.”

Jy sê eintlik, bewustelik of onbewustelik, vir jouself dat jy nie net jou eie aandag verdien nie, maar ook die ander persoon s’n. Ek is die belangrike een, en wat ek dink, wat ek wil hê is wat moet gebeur. Jy is dus die middelpunt van my jou heelal…

Die hart van die probleem is ‘n ongesonde selfliefde!!!

In 2 Tim 3 kom gee Paulus vir ons ‘n venster op ‘n onbekeerde hart.

  • No. 1 op hierdie lang lys is: mense sal liefhebbers van hulle self wees.
  • No. 7 is: mense sal ondankbaar wees
  • No. 9 is: hulle sal sonder natuurlike liefde wees
  • No. 13 is: hulle sal wreed wees
  • No. 17 is: verwaand, of hooghartig

Kortom: hierdie is 5 dinge wat sal veroorsaak dat iemand in ‘n restuarant sal instap en net sê: waar is my Koffie! Hierdie 5 kenmerke veroorsaak dit wat mense soos Austin Simms – slegte maniere sal noem.

Slegte maniere is dus ‘n prioriteits probleem, nee, eindelik is dit ‘n sonde probleem. En die gevolg van die sonde is die hel! Die probleem wat Austin Simms en kie probeer aanspreek is dus baie ernstig en ongelukkig gaan goedkoop koffie die probleem nie oplos nie.

Dit is dus ook iets waarteen Christene ernstig moet waak! Daarom is dit noodsaaklik dat ons die oplossing vir die probleem moet ken. Sodat ek dit in my eie lewe kan toepas, want kom ons wees eerlik – dit is baie maklik om ongeskik te raak. Dit gebeur sommer vanself, mens hoef nie rerig te probeer nie.

Die oplossing vir alle sonde is Jesus Christus. As my probleem ‘n oordrewe ongesonde selfliefde is, wat op ‘n liefdelose wreedheid en hooghartigheid uitloop, dan is die antwoord steeds Jesus. Bid die Heilige Gees om jou gedates te vul met Jesus! 

Maak dan die Bybel oop. Gaan lees. Sien raak dat Jesus nooit op homself gefokus nie. Sy fokus was aanhoudend op die Vader en op die wat aan die Vader behoort! Hy het nooit sy eie wil gesoek nie. Nie as ‘n babatjie nie, nie as ‘n klein seuntjie nie, nie as ‘n tiener nie, ook nie as ‘n volwassene nie. Ook nie eers aan die kruis nie! Sy fokus was aanhoudend op God en op God se kinders?

So lees ons bv. in Matt 9: 36 dat Jesus na die eindste mense kyk wat later sou skreeu: kruisig hom, kruisig hom en dat Hy hulle innig jammer kry.

Dit is dieselfde manier wat Jesus ook na jou kyk. In plaas daarvan dat hy selfbehoudend optree, laat Hy homself tot die dood te verneder t.w.v. jou.

“Maar wees vriendelik en vol ontferming teenoor mekaar; vergeef mekaar soos God ook in Christus julle vergewe het.”

EFÉSIËRS 4:32 AFR53

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s