Kerkjaarboek Bestellings

family walking on path
Photo by Vidal Balielo Jr. on Pexels.com

U is sekerlik bekend met die gebruikswaarde van ons Jaarboek. Die publikasie het deur die loop van jare in ons kerkverband ingeburger geraak as ’n naslaanboek om noodsaaklike inligting te bekom oor gemeentes, predikante, kontakgegewens, ensovoorts. Dit is dus ’n onontbeerlike item in elke gemeente se administrasie. Daarby gebruik die meeste lidmate ook die dagstukkies vir hul eie geestelike verryking en by huisgodsdiens. Daar is vanjaar weer met groot sorg aan die gehalte aandag gegee.

 

Elke lidmaat of huisgesin behoort ’n Jaarboek te hê, maar die Jaarboek is ook ’n nuttige geskenk vir ’n vriend/vriendin/kennis. Om hierdie gebruik aan te moedig, gee ons weer die Jaarboek in verskillende formate uit (kyk bestelvorm). Sodoende kan dit ’n nuttige geskenk wees vir iemand buite ons kerkverband. Baie belangrik: Kyk asseblief ook die verskillende opsies wat te koop is. Die dagstukkies is geskryf aan die hand van ’n Bybelleesrooster wat deur prof. Koos Adendorff opgestel is. Indien die leesplan vir oggendstiltetyd, huisgodsdiens en aandstiltetyd getrou gevolg word, sal u die Bybel in een jaar deurlees met kommentaar op ’n derde van die Skrifgedeeltes.

Volg asb. hierdie skakel om ‘n bestelling te plaas – Bestelvorm.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s