Goedkoop koffie & Goeie Maniere

photo of coffee tumbler
Photo by Matthias Cooper on Pexels.com

7 voor 7 Pretoria Fm 22/07/2016

 

Toe ek gister hierdie wyse stukkie raad probeer volg het, het ek ‘n interessante artikeltjie op Maroela Media raakgeloop.

Daar word vertel dat ‘n restuarant iewers in Virginia ‘n advertensiebord opgesit het wat drie opsies adverteer:

  1. Opsie 1: Koffie – $5
  2. Opsie 2: Koffie asb. – $4
  3. Opsie 3: Goeie Môre, ‘n Koffie asb. – $2,40

M.a.w. Hoe vriendeliker jy is, hoe goedkoper is die koffie! Een van die Kelners, ‘n kêrel genaamd Austin Simms, het blykbaar gesê dat hulle mense probeer aanmoedig om goeie maniere te hê. Blykbaar het foto’s van die advertensie borde die sosiale media aan die gons! Ek dink dit is dus regverdig om aan te neem dat slegte maniere ‘n wydverspreide probleem is… Continue reading

As iemand belangrik teen jou sondig?

ask blackboard chalk board chalkboard
Photo by Pixabay on Pexels.com

7 voor 7 Pretoria-FM 29/06/2018

 

Die woord wat in die Bybel gebruik word vir “eer” is ’n woord wat ook “swaar” beteken. Daar staan letterlik dat jy op ’n gewigtige manier oor jou ouers moet dink. Jy is nie veronderstel om hulle ligsinnig eenkant toe te skuif nie. Hoekom sê die Bybel dit? Die eenvoudige rede is omdat God hulle aangestel het om ’n gewigtige rol in jou lewe te speel. Dit geld natuurlik vir iemand soos ’n mentor ook.

Vandag wil ek graag 4 maniere uitlig hoe jy hierdie gewigtige persone kan eer, ook as hulle foute maak – (net vir interessantheid as Dr. Michael Horton oor afwesige ouers praat voeg hy nog twee by.) Continue reading

Rentmeesterskap

photo of woman planting vegetables
Photo by bruce mars on Pexels.com

7 voor 7 Pretoria-FM 03/02/2017

 

Ons almal het op een of ander stadium al met ‘n sakrekanaar en ‘n potlood gesit en met ‘n begroting gesit en worstel. As ek dit en dit en dit doen, gaan dit soveel kos. Maar daar is eenvoudig nie genoeg geld om dit alles te kan doen nie. So kom ons doen dit of dat eerder so, en dan spaar hier of daar. Kom ons los hierdie heeltemal, dis nie so belangrik nie. Hierdie is noodsaaklik, ons kan nie anders nie… Ons het almal al sulke tipe sommetjies gesit maak. En jy het nie werklik ‘n ander keuse as wom daar te bly sit todat jou sommetjies klop nie. Totdat alles presies uitwerk nie.

In die laaste gedeelte van vers 12 kry ons die woorde:

“…werk julle eie heil uit met vrees en bewing;” Fil. 2:12

Continue reading