
In die Bybelse tyd het die mense wat goud gekoop en verkoop het ʼn probleem gehad. Sien, goud is nie die enigste metaal wat soos goud lyk nie. Daar is ʼn ander metaal wat ook baie so lyk. Dit is eers wanneer jy hierdie ander metaal in die vuur smelt dat jy agterkom dit nie regte goud is nie, maar “klatergoud.” Dit lyk en blink soos goud, maar dit is waardeloos.
Geloof is ook so. Daar is baie mense wat dink dat hulle kosbare goud het, maar wat hulle het, is niks werd nie. Daar is ʼn groot verskil tussen “klatergoud” en “ware goud” as dit by geloof kom. Een gaan jou diep in die steek laat wanneer jy dit die nodigste het en die ander gaan vir jou die vrede gee wat alle verstand te bowe gaan. Matthéüs 27 vertel ons iets van hoe dit gaan lyk en voel as iemand met klatergoud-geloof voor God gaan staan.
2 Korinthiërs 13: 5 sê: ‘Ondersoek julself of julle in die geloof is; stel julself op die proef…’ So kom ons doen dit! Lees voort