Die Goeie Lewe

silhouette photo of man standing near the edge of concrete pavement
Photo by VisionPic .net on Pexels.com

7 voor 7 Pretoria FM 30/03/2016

 

‘n Christelike filosofie professor van die Calvyn college: prof. Jamie Smith het ‘n paar jaar gelede ‘n interessante ding gesê:

Hy het vertel dat hy ‘n interessante ding in sy lewe geleer het. As hy ‘n vreemde persoon vir die eerste keer ontmoet en die persoon graag wil leer ken, dan gaan hy as volg te werk. Hy stel homself aan die persoon voor, kry die persoon se naam. En dan begin hy met die persoon gesels.

Sy geheime wapen is die vraag: wat wil jy hê? Wat wil jy van die lewe hê? Wat is jou beeld van die goeie lewe. As jou skip nou sal kom – wat sal hy saambring?

As dinge goed gaan, dan lyk dit of jy sterk op pad is om daardie beeld te verwesenlik. As dinge sleg gaan, is dit omdat dinge nie in die rigting gaan wat jy graag wil hê hulle moet gaan nie.

Die vragie: “wat wil jy hê” is inderdaad ‘n baie gelaaide vraag.

Nou vat nou ‘n oomblik en vra jouself: Wat wil jy hê? Wat is jou idee van die goeie lewe?

Dit is baie interessant dat die beeld van die goeie lewe se kleur en geur en smaak en gevoel radikaal van mens tot mens verskil. Tog is die inhoud daarvan grootliks dieselfde. Jy soek sinvolle verhoudings – al is dit net met jouself. Jy soek veiligheid. Jy soek sukses. En so kan ons aangaan. Ons is almal opsoek na die dinge.

Weet u die wêreld weet dit. Stap by enige inkopiesentrum of mall in en vra jouself die vraag af: wat word hier aan my gebied?

Telkens sal die antwoord wees: ‘n weergawe van wat die goeie lewe regtig is. Met hierdie produk sal jou lewe soveel rustiger wees, die produk sal jou lewe soveel makliker maak, jy het eenvoudig nog nie die paal gehaal as daar nie so knoets van ‘n diamant aan jou vinger is nie. Met so ‘n kar sal jy die vryheid en prestige kry waarna jy smag, hier is die goeie lewe.

Daar is egter een groot probleem:

Maak gou die sommetjie: gaan jy ooit, realisties gesproke, die goeie lewe kan lei? Gaan jy daardie lewe ten volle kan smaak?

So wat doen ons? Ons gaan kompromieë aan. Goed, nie meer ‘n 5 karaat knoets van ‘n diamant ring nie, ‘n skaflike 1 karaat sal werk. Nie meer ‘n Rolls-Royce nie, ‘n brandstof effektiewe kar, met ‘n skaflike diensplan. Ons gaan kompromieë aan. Ons sê vir onsself: hier is die ekonomiese, of bekostigbare weergawe van die goeie lewe.

Maar kom ons wees eerlik: as leersitplekke een van die dele van die goeie lewe is: sal materiaal nooit die paal haal nie. Meeste van ons sal nooit werklik die goeie lewe kan lei nie: is ons dus gedoem tot middelmatigheid?

Daar is nog ‘n probleem: as dit my beskore sou wees om die punt te kan bereik waar ek my reuse seiljag kan koop, of my gucci handsakke op ‘n rak in die kas kan uitstel of die luukse aftree eenheid kan kry: dan sal ons vinnig vind dat dit nie meer genoeg is nie. Want dan sal die goeie lewe weer ‘n paar tree verder aan skuif.

Daar is nog ‘n probleem: selfs al het jy dit alles! Al het jy werklik die goeie lewe, van a tot z. Is dit iets wat jy noodwendig gaan verloor! As dit nie in die lewe is nie, dan is dit in die dood!

Ons moet dus eerlik en baie duidelik vir mekaar sê: my beeld van die goeie lewe is of onhaalbaar of onbevredigend, en op die beste tydelik!

Dit is wat die kerkleiers in Mattheus 28 gedoen het. Hulle het ‘n beeld van die goeie lewe gehad, en Jesus, wat Hy gedoen en gesê het was in die pad.

Daar is ‘n alternatief!

Die evangelie woord van God kom vanoggend duidelik na ons toe – en weet u wat bied dit? Die waarlik Goeie Lewe. En dit is bereikbaar – dit word aan jou gegee.

Dit is vervullend – hierdie goeie lewe sal altyd bevredig – as jy God die dag kan uitput sal jy moontlik nie meer deur hierdie goeie lewe bevredig word nie…

Dit sal nie verbygaan nie – Josh MacDowell sê in sy boek Bewyse oor die Christelike geloof: as God aarde toe sou kom terwyl Hy ons goedgesind is sou mens tog kon verwag dat Hy ‘n oplossing vir die mens se grootste probleem sou bied – is dit nie presies wat Jesus kom doen het toe Hy die dood oorwin het nie?

Daarom – toe Jesus daardie Sondag môre uit die graf uit gestap het, was daar vir die eerste keer in millennia ‘n weergawe van die goeie lewe wat nie teleurstel nie – en hierdie Goeie Lewe word die Koninkryk van God genoem.

Hoe lyk jou beeld van die goeie lewe? Is Jesus in die pad daarvan? Of weet jy wat dit beteken as Jesus sê: Ek is die weg die waarheid en die lewe?

Hoor vanoggend weer die dringende uitnodiging:

“O Almal wat dors het, kom na die waters; en wie geen geld het nie, kom, koop en eet; ja, kom, koop sonder geld en sonder prys, wyn en melk!

Luister aandagtig na My en eet die goeie, en laat julle siel hom in vettigheid verlustig. Neig julle oor en kom na My toe, luister, en julle siel sal lewe; JESAJA 55:1-4 AFR53

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s