Toets jouself

blur bokeh bright color
Photo by NaMaKuKi on Pexels.com

In die Bybelse tyd het die mense wat goud gekoop en verkoop het ʼn probleem gehad. Sien, goud is nie die enigste metaal wat soos goud lyk nie. Daar is ʼn ander metaal wat ook baie so lyk. Dit is eers wanneer jy hierdie ander metaal in die vuur smelt dat jy agterkom dit nie regte goud is nie, maar “klatergoud.” Dit lyk en blink soos goud, maar dit is waardeloos.

Geloof is ook so. Daar is baie mense wat dink dat hulle kosbare goud het, maar wat hulle het, is niks werd nie. Daar is ʼn groot verskil tussen “klatergoud” en “ware goud” as dit by geloof kom. Een gaan jou diep in die steek laat wanneer jy dit die nodigste het en die ander gaan vir jou die vrede gee wat alle verstand te bowe gaan. Matthéüs 27 vertel ons iets van hoe dit gaan lyk en voel as iemand met klatergoud-geloof voor God gaan staan.

2 Korinthiërs 13: 5 sê: ‘Ondersoek julself of julle in die geloof is; stel julself op die proef…’ So kom ons doen dit!

Baie mense dink dat hulle, omdat hulle uit ʼn gelowige familie kom, hulle definitief deel van God se mense of God se volk is. Hulle dink dat hulle goud in hulle gene het. Hulle maak ʼn fout! Die Here het vir Samuel gesê: “… want die mens sien aan wat voor oë is, maar die Here sien die hart aan…” 1 Samuel 16:7. Galasiërs 2:6 gaan nog verder! ‘God neem die persoon van die mens nie aan nie’ m.a.w. wie jy is of was maak jou nie spesiaal genoeg vir God om jou anders as al die ander mense te hanteer nie.

Ander mense dink weer dat hulle, as hulle sekere dinge doen of ander dinge nie doen nie, hulle deel van God se mense of God se volk is. Hulle dink hulle het goud in hulle dade. As Christene is daar beslis ʼn klomp goed wat ons wil doen en ander dinge wat ons nie wil doen nie. Die probleem is dat dit wat ons verkeerd doen altyd meer is as dit wat ons reg doen. Romeine 3: 23 sê: ‘want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God…” Niemand kan iets so spesiaal doen dat God vir jou sal sê dat jy sy kind is nie – ons kan net nie!

Soos jy kan sien sit baie mense met klatergoud, selfs in die kerk! Maar God het self vir ons kom wys hoe die regte geloofsgoud lyk. ‘Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; ‘ Efesiërs 2:8. In Johannes 14:6 sê Jesus ‘Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.’

Die enigste geloofsgoud wat daar is, is wanneer jy weet dat jy nie goed genoeg is om God se kind te wees nie, maar dat jy ook weet dat Jesus jóú God se kind kom maak het! Daarom doen ons sekere dinge, nie om ʼn kind van God te word nie! Nee, ons doen sekere dinge omdat Jesus ons Kinders van God gemaak het!

So? Het jy geloofsgoud of het jy ʼn klatergoudgeloof?

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s