Simbole

automatic city control crossing
Photo by JESHOOTS.com on Pexels.com

Simbole is deel van ons alledaagse lewe. ‘n Simbool is ’n voorwerp of ’n prentjie met ’n boodskap. Dink bv. aan skoolklere. Dit is ’n simbool wat vertel dat jy aan ’n spesifieke skool behoort. Jou skoolklere sê ook hoe jy oor jou skool voel – daarom dat skoolhoofde so gereeld sê dat skoolklere met trots gedra moet word!

Daar is baie verskillende simbole. Trouringe is ook simbole. Dit vertel ons dat iemand getroud is. Die ligte van ’n verkeerslig is ook simbole – een se stop, die ander passop en die laaste ry. Ander simbole is weer so oud dat ons hulle nie eers meer raaksien nie – dink bv. aan die weerhaan op die kerktoring. Hy help ons om die windrigting te lees, maar hoekom ’n haan? Lank gelede is die vorm van die haan gekies om ons aan die verhaal van Petrus te herinner – hoe hy drie keer gesê het dat hy Jesus nie ken nie (Luk 23:54-62), maar ook hoe Jesus hom vergewe het (Joh. 21:15-22). Daardie haan vra jou heeltyd: “is jy nou besig om Jesus te verloën?”

Rondom ons is daar baie simbole. Sommige is prakties (stoptekens). Sommiges is net vir mooigeid (‘n hangertjie met ‘n blommetjie).  Ander het weer ’n spesiale betekenis waarvan net ek weet, en dan is daar ook “status”-simbole – hulle wys bv. hoe “hip” ek is (die nuutste selfoon). Almal is egter simbole – hulle dra ‘n boodskap oor. Ons almal gebruik simbole om iets van onsself te sê. Jy doen dit ook. Gaan kyk ’n bietjie wat jou kamer van jou sê?

As Christene is daar twee belangrike riglyne wat ons ingedagte moet hou.

  1. Wat beteken die simbool en wat sê dit van my?
  2. Is dit tot eer van my Hemelse Vader?

Wat beteken die simbool en wat sê dit van my?

As christene moet ons weet dat daar baie simbole is en dat almal ’n storie het. Jy moet seker maak dat jy met daardie simbool se storie kan saamleef. Kopbeen-prentjies is bv. baie gewild. Ja, ek weet jy dink dis net ‘n prentjie, maar die simbool vertel dat jy dink die dood, geweld en boosheid mooi of aantreklik is. Is jy seker jy kan met daardie boodskap saamleef?

Aan die ander kant is daar weer ander simbole wat mooi betekenisse het, bv. die kruis wat vertel van die prys wat Jesus vir jou betaal het.  Jy moet seker maak dat jy met die verhaal agter hierdie simbool kan saamleef. Soms kan daardie kruis teen jou getuig, bv.: “kan ‘n kind van God regtig so praat?” of “kan ‘n kind van God hierdie storie kyk?” As jy ’n kruis dra sonder dat jou lewe bevestig dat jy ’n kind van God is, dan getuig daardie kruis dat jy ’n leuenaar en skeinheilig is.

Is dit tot eer van God?

“Bedink die dinge wat daarbo is, nie wat op die aarde is nie” Kol. 3:2. Wat gebeur daarbo? Dit is waar God se troonkamer is. Dit is waar God se wil volmaak gebeur, daarom dat ons in die Onse Vader bid: “Laat u wil geskied, soos in die Hemel, net so ook op die Aarde …”

Met hierdie vers in gedagte dink ek dat ons onsself met simbole moet omring wat ons gaan help om ons gedagtes op te lig, sodat ons dit wat daarbo is sal bedink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s