Guido de Bres se liefdesbrief

person holding fountain pen
Photo by John-Mark Smith on Pexels.com

Guido de Bres, wetend dat hy kort daarna gehang sou word, het op Woensdag 12 April 1567, ’n brief aan sy vrou geskryf wat ek dink waarskynlik een van die mooiste liefdesbriewe ooit is. Hier onder het ek stukkies van die brief in Afrikaans vertaal.

Caterine Ramon,

my dierbare vrou en suster in ons Here Jesus Christus: Jou trane verander die vreugde wat ek voel ook in hartseer, daarom het besluit om hierdie brief te skryf – om ons albei te troos. Jy het my altyd diep liefgehad, maar dit is nou die Here se Wil om ons te skei. Ek voel jou pyn oor hierdie skeiding dieper as my eie… Jy het egter geweet dat toe jy met my getrou het, jy met iemand trou wat kan doodgaan. As die Here ons langer vir mekaar wou spaar, dan sou Hy.

Onthou Christus het self gesê dat die hare op my hoof getel is. Daarom kan daar nie iets met my gebeur wat nie God se Wil is nie. In die verlede het hierdie waarheid baie gelowiges getroos. Dink maar aan Josef as hy sê: “Want júlle het wel kwaad teen my bedink, maar God het dit ten goede gedink om te doen soos dit vandag is, om ’n groot volk in die lewe te hou.” (Gén. 50:20)

Dit is waar dat ’n mens se verstand hierteen skop – ek het dit self ervaar. In die begin, kort nadat ek gearresteer is, het ek dikwels vir myself gesê: “Ons moes nie in so ’n groot groep gery het nie, of, so en so moes ons verraai het! Hulle was nie veronderstel om ons te arresteer nie!” Hierdie gedagtes het my dikwels oorweldig, totdat ek diep begin nadink het oor die manier hoe God alles ten goede laat saamwerk. Toe het my hart op ’n ander manier begin reageer.

Ek het begin sê: “My God, U het besluit dat ek in hierdie eeu gebore moes word. Reg deur my lewe het U my teen groot gevare beskerm – u het my elke keer gered. As dit nou u Wil is dat ek van hierdie lewe moet oorgaan na die lewe by U, laat u Wil geskied. Ek kan nie uit u hand ontsnap nie, en selfs al sou ek kon, wil ek nie – dit maak my diep gelukkig om aan u Wil gehoorsaam te wees.”

Hierdie gedagtes het my hart weer bly gemaak.

Ek bid dat jy, my dierbare vrou, saam met my die Here sal dank. Jy weet van die werk wat ek gedoen het en wat ek alles deurgegaan het – na dot alles God het nóú besluit om my in sy Koninkryk te ontvang. Ek sien uit na die dag dat jy my daarheen sal volg en ons weer bymekaar kan wees. Onthou ons woning is nie in hierdie wêreld nie – ons ons ewige blyplek is in die hemel.

Ek bid dat jy, my geliefde, getroos sal wees as jy só oor hierdie dinge dink – God het my die voorreg gegee om die kroon van ’n martelaar te kry. (Dit is ’n eer wat nie eers aan die engele gegee word nie!)

April 12, 1567.

Jou dierbare man, Guido de Brès, prediker van die Woord van God in Valenciennes en tans ’n gevange vir die seun van God.

Presies sewe weke later is hy op Woensdag, 31 Mei 1567, gehang.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s