Die Wonder van God se wet

close up court courthouse hammer
Photo by Pixabay on Pexels.com

In die Nuwe Testament lees ons baie oor die Fariseërs. Hulle was geleerde manne. Die ding waarop enige Fariseër die trotste was, was dat hy ʼn Wetsgeleerde is. (M.a.w. dat hy die Wet van die Here baie goed ken.) Hulle was hulle hele lewe lank daarmee besig! Maar, hulle het nie net die Wet geken nie. Nee! In hulle gedagtes was hulle die beste soort mens wat daar is – want kyk hoe goed hou hulle die Here se Wet. Hulle het gehoop dat God vir hulle sou kom sê: Mooi so, Ek is trots om julle my mense te noem!

Die Fariseërs het selfs ʼn klomp ekstra “reëls” gemaak om hulle te help om die wette wat vir hulle belangrik is, na te kom. Baie hoogmoedig het hulle dan vir die gewone mense vertel wat hulle alles doen om die Here se Wet na te kom. Dan, met trotse harte, het hulle vir die gewone mense gevra: “Doen julle dit ook?”

As ʼn mens mooi na hierdie “reëls” gaan kyk, sal jy vinnig sien wat regtig in die Fariseërs se harte aangegaan het. Hulle het baie tyd spandeer om die maklike goedjies (wat die mense kon sien) te doen. Maar, hulle het baie slim plannetjies en praatjies gehad hoekom hulle die moeilike goed nie gedoen het nie. Baie keer het hulle nie vir hulle oumense gesorg nie, want, het hulle gesê, “Ons het die geld wat ons vir hulle moes gebruik, vir die tempel gegee.” Dis nie hoe God se wet ons leer nie: daar staan mos dat ons ons Vaders en Moeders moet eer!

Die Here Jesus kom sê so mooi in Mattheus 5 dat Hy nie gekom het om God se Wet weg te vat nie. Nee, Hy het eerder gekom om die ware betekenis van God se wet vir ons te wys. God se wet is nie daar om goeie mense beter te laat lyk nie – dit is hoe die Fariseërs na die Here se wet gekyk het.

God se wet is daar om ons te wys:

  • dat ons God regtig nodig het, want ons doen sonde en sonde verdien straf.
  • dat God ons regtig lief het, want Hy het sy Seun, Jesus Christus gestuur, om ons straf te dra.
  • hoe ons God terug lief kan hê deur te doen wat Hy van ons vra.

As jy God se wet lees en nie bang en skaam voel oor jou sonde nie, dan verstaan jy God se wet nog nie reg nie – die wet kom wys vir jou dat jy God se redding nodig het. Maar onthou, dis maar die eerste deel van die Wet se werk. Jy is ook veronderstel om vol verwondering te wees oor die manier hoe Jesus vir jou die prys betaal het – die wet kom wys jou hoe lief God jou het. Dis die tweede deel van die Wet se werk. Nou kan Ek en jy, wanneer ons na die wet kyk vir die Here sê: Here, ek weet dat U my liefhet en Here, ek het U lief. Help my om dit vir U te wys.

Die wet is die ding wat die Here gebruik om my te laat skrik vir my sonde sodat ek in Jesus arms in hardloop. Dit is wat Psalm 119: 27 bedoel.

Laat my die weg van u bevele verstaan, dat ek u wonders kan oordink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s