Boelies

rear view of a boy sitting on grassland
Photo by Pixabay on Pexels.com

Die woord boelie staan nêrens in die Bybel nie, maar dit beteken nie dat die Bybel niks daaroor sê nie.

Kom ons verduidelik net eers wat die woord “boelie” beteken. ’n Boelie is iemand wat iemand anders aspris bang maak sodat daardie een sal doen wat die boelie wil hê. Baie keer is die boelie sterker of groter en hulle voel exstra goed oor hulself as hulle sien dat iemand vir hulle bang is. Die Bybel praat baie daaroor: God haat hoogmoedigheid (Spr. 16:18). Hy wil hê dat ons die wat  swakker as ons is moet help, nie bang maak nie! (Hand. 20:35).

Om ’n boelie te wees is verkeerd en ons moet mekaar help om dit nie te doen nie. Die vraag is nou, hoe maak ek met ’n boelie?

As jy geboelie word is daar dikwels een wens in jou hart – dit is dat jy hierdie boelie ’n bietjie van sy eie medisyne kan laat proe. Dat jy hom/haar kan laat voel wat jy voel. Hierdie manier van dink is nie reg nie; meernog, dit gaan nie die probleem oplos nie. Die Bybel sê dit baie duidelik: moenie kwaad vir kwaad vergeld nie (1 Thes. 5:15).  

Daar is twee Bybelse maniere hoe jy op ’n boelie kan reageer. Jy kan óf die ander wang draai óf jy moet in selfverdediging optree. Die Here Jesus leer ons in Matt. 5: 38-48 om die ander wang te draai. Dit is nie altyd so maklik nie, ek weet, maar dit beteken nie dat jy net oorgee nie. Gaan soek gerus vir Brooks Gibbs op youtube. Sy video se naam is: “Bullying Expert Gets Bullied.” Hy leer ons iets belangriks oor “die ander wang draai.” Gaan kyk gerus daarna.

Dit is ook belangrik om jou onderwysers te vertel wanneer iemand jou boelie, veral wanneer daardie een jou fisies seermaak. Dit is hulle werk om dit te keer.

Soms moet ons onsself verdedig. Die Here Jesus leer ons dit in Luk. 22. Maar selfs al verdedig jy jouself moet jy nog steeds Jesus se voorbeeld volg: Jy moet nog steeds jou naaste en jou vyand liefhê en vergewe, jy moet nog steeds geen ruimte vir die kwaad los nie (Rom. 12:17-21). Nie eers in jou eie hart nie.

Miskien sien jy hoe iemand anders geboelie word. Om dan net stil te bly en anderkant toe te kyk is ook nie reg nie. Onthou: Jy moet die wat swak is help! Ons het mos nou-net gesê dat ons geen ruimte vir die kwaad moet los nie. Daarom, as jy dit kan keer, dan moet jy probeer. Jy moet ook onthou dat die een wat geboelie word, jou hulp nodig het. Selfs al is dit net om hom van die grond af op te help of om die onderwysers te vertel wat gebeur het.

Laastens moet ons versigtig wees hoe ons oor boelies dink. Hulle is sondaars, net soos ek en jy sondaars is. Hulle het ook die Here Jesus se genade en verlossing nodig. Daarom is die belangrikste ding wat jy vir ’n boelie moet doen om vir hom te bid – dat hy tot bekering kan kom en hy sy saak met God en sy medemens kan regmaak.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s