Jou Toekomsdrome

6BBC2835-6B26-419F-8CEA-EAE4DF5ECCE6

As kinders word ons groot met die idee dat ons enige iets kan word. Van kleins af vertel haasbek-seuntjies entoesiasties dat hulle ruimtevaarders wil word terwyl sproetgesig-meisietjies daarvan droom om ‘n prinses te wees. Tog gaan dit alles oor baie meer as kinderfantasieë. Van vroeg af betaal Ma en Pa deur hulle nekke om vir ons geleenthede te gee. Ons is ernstig daaroor: ons verbeelding alleen is die grense van ons toekomsdrome – niemand het die reg om my vlerke te knip nie!

Mense sê selfs dat as jou drome jou nie bang maak nie, jy nie groot genoeg droom nie! Ander sê weer dat God nie ‘n ambiesie in jou hart sou plaas as Hy jou nie die vermoë en die geleentheid sou gee om dit te kan vermag nie.

So droom ons elkeen van ‘n plek waar almal dit wat ek graag wil doen nodig het… en ons is bykans altyd teleurgestel. Dis asof realiteit ‘n wrede manier het om drome se vlerke te knip en hulle te versmoor. Ons moet kompromieë aangaan en meestal eindig iewers op ‘n plek op wat baie ver van daardie droomplek af is.

Dan begin mens wonder: “Is ek ‘n mislukking? Het ek enigsins ‘n doel in die lewe? Moet ek ophou om ‘ek’ te wees – die wêreld het my tog nie nodig nie?”

Die probleem is dat ons vergeet dat God ‘n ewige raadsplan met die wêreld het. Ons maak planne en droom drome en God en sy volmaakte raadsplan raak eintlik in die pad. Dan, wanneer God sy raadsplan tot uitvoer bring en dit nie by ons planne inpas nie, dan is ons ongelukkig en selfs kwaad vir God!

Die vraag is seker nou: “Moet ek ophou droom? Mag ek niks doen nie?” Weereens is die antwoord: “NEE!” Dit is ook nie wat God van ons verwag nie.

Eerstens moet ons die talente en geleenthede wat God aan ons gegee het nie sien as ‘n manier om aandag of status of voordele vir myself te kry nie. My talente en geleenthede is daar om God se doelwitte na te jaag. Hulle is aan my gegee om Hom en my naaste lief te hê en te dien. Dit is hoekom daar in Lukas 10:17 staan:

 “So ook julle, wanneer julle alles gedoen het wat julle beveel is, sê dan: Ons is onverdienstelike diensknegte, want ons het gedoen wat ons verplig was om te doen.”

As ons die saak van die ander kant af bekyk: wanneer dinge nie uitwerk soos ek gehoop het nie, beteken dit eenvoudig dat God is sy wysheid besluit het dat ek Hom en my naaste op ‘n ander manier of plek moet dien. So roep Hy elkeen van sy kinders, nie noodwendig om hulle eie drome na te jaag en te verwesenlik nie, maar eerder om Hom te dien met die geleentede en talente wat Hy aan hulle gegee het, daar waar Hy hulle geplaas het.

As dit ons ons hartsbegeerte is, sal ons nie teleurgestel te word nie! Daarom: “Waar roep God jou om vir Hom te werk?”

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

w

Connecting to %s