Jou Toekomsdrome

6BBC2835-6B26-419F-8CEA-EAE4DF5ECCE6

As kinders word ons groot met die idee dat ons enige iets kan word. Van kleins af vertel haasbek-seuntjies entoesiasties dat hulle ruimtevaarders wil word terwyl sproetgesig-meisietjies daarvan droom om ‘n prinses te wees. Tog gaan dit alles oor baie meer as kinderfantasieë. Van vroeg af betaal Ma en Pa deur hulle nekke om vir ons geleenthede te gee. Ons is ernstig daaroor: ons verbeelding alleen is die grense van ons toekomsdrome – niemand het die reg om my vlerke te knip nie!

Mense sê selfs dat as jou drome jou nie bang maak nie, jy nie groot genoeg droom nie! Ander sê weer dat God nie ‘n ambiesie in jou hart sou plaas as Hy jou nie die vermoë en die geleentheid sou gee om dit te kan vermag nie. Continue reading

Aanlyn wêreld vs. regte wêreld

BD051F27-6194-40C0-BE25-2DA4CDD1E644

Elke nou en dan loop mens mos iets op sosiale media raak wat jy nie sommer sal vergeet nie. So blaai ek ‘n rukkie terug op Facebook rond, toe ek op ‘n video afkom van ‘n klomp honde wat aan weerskante van ‘n toe hek staan en baklei. Die hare staan regop en die die tande is uit. Dit is een van daardie kere waar mens maar te bly is dat daar ‘n toe hek tussen hulle is. Maar, terselfdertyd is mens ook effens benoud – die hek is nie heeltemal toe nie! Gelukkig het die honde dit blykbaar nog nie agter gekom nie – maar dis egter net ‘n kwessie van tyd.

Maar dan gebeur die ondenkbare: Iemand maak die hek oop… (Ek maak onmiddellik gereed om verder te blaai – honde baklei soms, ja, maar ek dink nie dis iets om oor te lag nie. Voordat ek egter verder kan blaai sien ek dit toe raak – en dit het my wel lekker laat lag.) Soos wat die hek verder oopmaak, gebruik hulle nie die kans om mekaar direk aan te vat nie. Nee! Hulle skuif maar net verder op sodat daar ‘n stuk hek tussen hulle bly. Eindelik, toe die hek so ver oop is, toe blaas al twee kante sonder ‘n verdere blaf die aftog en elk gaan rustig sy eie koers. (Gaan kyk gerus self die video op Youtube: Brave dogs fighting at gate.) Continue reading