As slegte goed gebeur…

Partykeer gebeur dinge met jou wat nie lekker is nie.  Miskien moet jy groente eet waarvan jy nie hou nie – dis nie lekker nie, maar dit is darem nie so erg nie. As jy jou oë toeknyp is dit binne ʼn japtrap verby. Maar ander dinge is weer nie so nie. Ander goed maak jou bang en dit gaan nie weg nie! Ja, sommige goed maak selfs dat Pappa met ʼn kwaai gesig rondloop terwyl Mamma in die kamer huil.

Die Here wil hê dat wanneer so iets met een van sy kinders gebeur hulle ʼn paar dinge moet onthou!Romeine 8:28 sê dat “alles ten goede meewerk vir die wat God na sy voorneme geroep het!

As ons dit in op maklike manier probeer verduidelik kan ons sê dat:

  1. God kinders het
  2. God sorg dat alles (ook die slegte dinge) goeie gevolge vir sy kinders het.

Hierdie vers beteken vier dinge:

NOMMER 1
Alle slegte dinge veroorsaak iets goeds vir God se kinders.
Maak nie saak hoe sleg iets is nie, maak nie saak hoe seer iets jou maak nie, maak nie saak hoe rof dinge nou gaan nie – iewers gaan jy agter kom dat hierdie slegte dinge iets goeds laat gebeur het. Dit is wat God aan al sy kinders belowe!

NOMMER 2
As ʼn slegte ding nog nie nog nie ʼn goeie ding laat gebeur het nie, wil God hê dat sy kinders moet weet dat Hy nog nie klaar gewerk het nie.
Onthou: God het ʼn wonderlike belofte aan ons gemaak:  “alles moet ten goede meewerk!”

NOMMER 3
Die derde ding wat hierdie vers ons leer is dat die dinge wat die mooiste en beste is, nie van ons af weggevat kan word nie. Niemand kan maak dat God nie meer lief is vir sy kinders nie. Niemand kan God se kinders van Hom af wegvat nie. Johannes 3: 16 sê mos:

“Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê!”

Niemand kan dit verander nie. Nie eers jy-self nie! Jy kan nie iets doen wat lelik of dom genoeg is dat God van jou wil vergeet nie. Daar is ook niemand wat iets aan jou kan doen wat sal maak dat God eerder van jou wil vergeet nie! Dit kan nie gebeur nie! Hy gee vreeslik baie vir sy kinders om!

NOMMER 4
Romeine 8: 28 leer ons nog ʼn laaste les. Dit is: Die beste wag nog!
Die vers leer ons dat “alles ten goede meewerk.” Dit beteken dat God gaan toelaat dat ʼn klomp mooi én minder mooi dinge met jou gebeur. Dit beteken dat God hierdie dinge gebruik omdat dit deel van ʼn groot plan is wat Hy met jou lewe het. Al hierdie dinge moet soos ʼn legkaart inmekaar pas sodat God se plan uiteindelik mooi uitwerk.

God kom leer ons ook wat sy groot plan met ons lewens is: Hy wil al sy kinders vir altyd by Hom hê! Al die mooi en lekker dinge, maar ook die seer en die slegte dinge moet God se kinders gereed maak om vir altyd en altyd by Hom te wees!

Wanneer daar iets met jou gebeur wat jou banf of seer maak, onthou die vier lesse wat God aan sy kinders in Romeine 8: 28 kom leer.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s