Jou Pa, jou Ma en God

Wanneer die Here Jesus ons in Mattéüs 6 leer bid, leer Hy ons om aan God te dink as ons “Hemelse Vader!” So kom gee Jesus vir ons ‘n prentjie wat ons kan help om ons verhouding met Hom en ons verhouding met ons ouers beter te verstaan.

Wanneer ‘n klein seuntjie vol vertroue van die muur af spring en sy Pa hom elke keer vang is dit ‘n prentjie van hoe God ons nooit uit sy hand sal laat ruk nie. – (Rom 8: 38 & 39) Of, wanneer ‘n Ma elke aand ‘n bord kos voor haar kinders neersit dan is dit ‘n prentjie van hoe God elke dag vir sy kinders sorg. – (Matt 7:11)

So ek is veronderstel om na my Pa & Ma te kyk en deur die manier hoe hulle vir my omgee ‘n prentjie te sien van hoe my Hemelse Vader vir my omgee. (Eintlik sê Matt 11:7 mos dat Hy baie meer as Pa & Ma vir my omgee.)

Nou, ‘n Ma en ‘n Pa se omgee stop nie as jy kos in jou maag en klere aan jou lyf het nie. Hulle leer jou ook belangrike lewenslesse – bv. soos om hard te werk of om eerlik te wees. So stop God se omgee ook nie net by die dinge wat ons nodig het nie. Hy gee bv. ook om oor die soort mens wat jy word – Hy wil hê ons moet meer en meer soos Jesus word! – (Rom 8:29)

Om dit te laat gbeur het ons Hemelse Vader jou Pa en Ma ‘n spesiale taak gegee: hulle moet jou leer wat dit beteken om meer en meer soos Jesus te word. Hulle moet ook vir jou ‘n voorbeeld gee van hoe dit lyk wanneer mens meer en meer soos Jesus word. Dan moet hulle jou help om te oefen om meer & meer soos Jesus te word… (1 Tim 4:7 en 2 Tim 3: 14 & 15)

God het daarom eintlik ‘n goeie rede hoekom Hy gesê het dat jy jou Vader en jou Moeder moet eer! (Ex. 20:12) Hy wil hê dat jy Hom as jou Hemelse Vader moet ken en dat jou lewe moet verander – en die Vyfde gebod is die manier hoe Hy dit laat gebeur!

As ek my Ma en Pa nie eer nie en nie na hulle luister nie, dan laat ek hulle nie toe om hulle werk te doen nie. As ek hulle nie toelaat om die werk te doen wat God wil hê hulle moet doen nie sê ek eintlik vir God dat ek nie wil hê dat Hy my lewe moet verander om meer en meer soos die Here Jesus te lyk nie. Ergste nog: ek sê eintlik vir God dat ek Hom nie as my Hemelse Vader wil ken nie.

Die hele Bybel praat baie oor die Vyfde gebod – God is baie erntig oor die Vyfde Gebod. Hoekom? Want God gee baie vir sy kinders om!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

w

Connecting to %s