Rustig Ouetehuis het op 3 Maart 2018 basaar gehou. Gemeentes uit die gemeenskap het ingespring en saamgewerk – alles ten bate van die ouetehuis! Ons het pannekoek gebak – lekker gekuier en lekker gewerk! Ons wil baie dankie sê aan elkeen wat ʼn hand kom gee het.