As slegte goed gebeur…

Partykeer gebeur dinge met jou wat nie lekker is nie.  Miskien moet jy groente eet waarvan jy nie hou nie – dis nie lekker nie, maar dit is darem nie so erg nie. As jy jou oë toeknyp is dit binne ʼn japtrap verby. Maar ander dinge is weer nie so nie. Ander goed maak jou bang en dit gaan nie weg nie! Ja, sommige goed maak selfs dat Pappa met ʼn kwaai gesig rondloop terwyl Mamma in die kamer huil.

Die Here wil hê dat wanneer so iets met een van sy kinders gebeur hulle ʼn paar dinge moet onthou! Continue reading