Die Institusie van Calvyn

john-calvin-closeup

Opnuut in Afrikaans vertaal en verkort weergegee deur Ds. A. Duvenage.

Hierdie boek is nie bedoel om in die plek van die Institusie gelees te word nie maar om die gewone lidmaat vertroud te maak met die gedagtes van die groot hervormer en om hom op die wyse begerig te maak om self die Institusie te lees en homself te bou met die rykdom van Skrifkennis en ware godsvrug wat soos ‘n verkwikkende waterstroom daarin vloei. Ek is daarvan oortuig dat die gelowiges in ons land, wie hulle ook mag wees en watter posisies hulle ook in die kerklike, maatskaplike en staatkundige lewe van die volk mag beklee, alleen dan die regte koers kan hou en aanwys as hulle weer geestelik hierdie wapenrusting aangetrek het. Continue reading

Hoekom het ons hierdie 66 Boeke in ons Bybel?

bible-1846174_960_720.jpgDie woord “Kanon” word gebruik om die Boeke wat Goddelik geïnspireer is (en daarom in die Bybel hoort) te beskryf. Alles sou baie makliker gewees het as die Bybel iewers vir ons ʼn lys gegee van al die Boeke wat in die Bybel hoort (en watter nie). Dit is egter nie so eenvoudig nie. Die proses om die Kanon vas te stel is ʼn proses wat aanvanklik deur die Joodse rabbi’s en skrifgeleerdes begin is en later deur die vroeë Christelike kerk voortgesit is. Hoewel mense by die proses betrokke was, moet ons eindelik erken: Dit was God wat besluit het watter Boeke in die Kanon hoort en watter nie. Elke Bybelboek wat deel is van die Kanon was deel daarvan vanaf die oomblik dat God die skrywer geïnspireer het om die Boek te skryf. Die boeke self het, deur die werk van die Heilige Gees, die lesers oortuig dat hulle Goddelik is. Ons noem dit die selfgetuienis van die Skrif. Erkenning van die gesag van die Bybelboeke het oor jare (eeue) plaasgevind. Die kerk het nooit amptelik besluit watter boeke is kánoniek nie, maar slegs hulle Kanonisiteit erken. Continue reading

Pas jou verhouding binne God se raamwerk?

7807C3EC-7BC8-4367-88EC-195EA9D76E86Visse is gemaak om in water te lewe. Almal weet dit. Maar, sê nou maar, een kyk op ‘n dag op en dink: “Sjoe! Ek wil uit die water uit, ek wil so vry soos die voëls daarbo wees,” en hy besluit om dadelik die daad by die woord te voeg en uit die water te spring… Gaan hy vry wees?

Die antwoord is: “Nee!” Visse is nie gemaak om buite die water te lewe nie. Die oomblik as daardie vis uit die water uit is kan hy skaars beweeg! Erger nog: na ‘n paar minute is daardie vis dood omdat hy nie meer kan asemhaal nie. So ‘n vis buitekant die water is nie vry nie, hy is dood! ‘n Vis is op sy gelukkigste ín die water. Continue reading

Moet ek by ‘n Gemeente inskakel?

harry-miller-106042.jpgDaar is baie redes hoekom al meer mense wat hulle self “Christene” noem nie meer deel  van ʼn formeel georganiseerde groep gelowiges wil wees nie. M.a.w. daar is al meer “Christene” wat nie meer deel van ʼn gemeente wil wees nie.

Die redes wissel van “ek is nie lus nie vir hierdie klomp mense nie” en “ek hou nie van die manier hoe hulle kerk hou nie” tot “ek is kwaad vir die kerk want dit en dat het gebeur” en “ek het in die kerk baie seer gekry”. Continue reading

Bybelse Optimisme

1656fbc0ec24f19Optimisme is die geneigdheid om die beste moontlike uitkoms te verwag of om slegs op die mees hoopvolle aspekte van ʼn situasie te konsentreer. ʼn Optimis voel gewoonlik dat “goeie goed” in die toekoms sal gebeur, of dat sy drome waar sal word. Hy verwag dus ʼn mooi toekoms.

Pessimisme is die geneigdheid om die ergste moontlike uitkoms te verwag of om slegs op die mees negatiewe aspekte van ʼn situasie te konsentreer. ʼn Pessimis voel gewoonlik dat net ‘slegte goed’ in die toekoms gaan gebeur, of dat hulle niks goed het om na uit te sien nie.

Van nature is meeste mense geneig om of optimisties of pessimisties te wees in hulle verhouding met God. Almal se glas is of ‘half vol’ of ‘half leeg’. As Christene kan ons eenvoudig nie pessimisties wees nie; ons het tog ʼn heerlike erfenis in Christus in die Hemele. Continue reading