Creative Bible Teaching

51NnpVmeSzL._SX326_BO1,204,203,200_
Bou jy brûe? Om die boodskap van die Skrif helder en duidelik oor te dra is baie soos om ʼn brug te bou. Daar is egter ʼn groot verskil. In stede daarvan om ʼn pad oor valleie of riviere te probeer bou moet die voorganger in hierdie geval beide kulturele grense en die groot gaping tussen die hede en antieke tye oorbrug. Hierdie figuurlike brug moet ook nie net die hede en die verlede oorspan nie, maar ook die toekoms!Die Woord van God is lewendig en kragtig, skerper as enige twee-snydende swaard (Hebreërs 4:12). Dit is aktueel en relevant. Dit is egter die taak van die Verbondsonderrig voorganger en Bybelstudie leier om ons kinders en ons mense te help om hierdie groot skatte te ontdek. Dis geen maklike taak nie – maar dit is doenbaar. Hierdie boek help om ons te slyp vir hierdie taak. Richards en Bredfeldt het hierdie vyf-punt plan opgestel waarmee voorgangers ʼn brug oor tyd, geografie en kultuur heen kan bou.

  • Stap 1: Bestudeer die Bybel – verstaan wat daar in die Bybel staan.
  • Stap 2: Fokus jou boodskap – verstaan wat dit beteken om iemand padlangs op hierdie brug te lei.
  • Stap 3: Struktureer die les – bou ʼn sinvolle les volgens hierdie lesplan.
  • Stap 4: Hoe werk ʼn effektiewe voorganger?
  • Stap 5: Hoe evalueer jy of aanslag en aanbieding geslaagd was?

Hier is ‘n skakel na ‘n webtuiste waar die boek aangekoop kan word.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s