Pas jou verhouding binne God se raamwerk?

7807C3EC-7BC8-4367-88EC-195EA9D76E86Visse is gemaak om in water te lewe. Almal weet dit. Maar, sê nou maar, een kyk op ‘n dag op en dink: “Sjoe! Ek wil uit die water uit, ek wil so vry soos die voëls daarbo wees,” en hy besluit om dadelik die daad by die woord te voeg en uit die water te spring… Gaan hy vry wees?

Die antwoord is: “Nee!” Visse is nie gemaak om buite die water te lewe nie. Die oomblik as daardie vis uit die water uit is kan hy skaars beweeg! Erger nog: na ‘n paar minute is daardie vis dood omdat hy nie meer kan asemhaal nie. So ‘n vis buitekant die water is nie vry nie, hy is dood! ‘n Vis is op sy gelukkigste ín die water.Nou mense is nie vissie nie, maar tog het God ons gemaak om, soos visse, op ‘n sekere manier te lewe. Doen ons dit, kan ons die Here se seën verwag – so leer Hy ons. Doen ons dit nie, dan is daar altyd gevolge…

Vandag dink baie mense (christene ook) min of meer op die volgende manier oor verhoudings (besluit self of ek reg is):

  • Dit begin met ‘n ou of ‘n meisie wat inisiatief neem om die ander een uit te vra.
  • As julle twee ‘n “ding” is, dan wil julle soveel as moontlik tyd saam (en verkieslik alleen) spandeer.
  • Die doel van die verhouding is nie om te trou nie. (Ten minste nie aanvanklik nie.

Die Bybel se prentjie van verhoudings lyk baie anders:

  • Die verhouding is altyd onder die toesig en leiding van ouer en meer ervare christene.
  • Die doelwit van die verhouding is van die begin af om te trou.

Gaan kyk self na die volgende Skrifgedeeltes en maak ‘n lys van al die gedagtes wat jy raaklees.

As ons oor verhoudings dink maak ons meestal drie foute:

  • Ons soek na die “regte een.” Die Bybel leer ons om eerder die “regte een” te wees. Ons moet daarom eerder ons tyd gebruik om voor te berei as om te soek.
  • Ons wil eers intimiteit hê en dan toewyding. Die Bybel leer ons om eers toegewyd te wees, intimiteit sal volg. (Dis miskien hoekom ons so baie seerkry…)
  • Ons soek na die regte een deur te maak asof ons getroud is. As dit werk “sit ek ‘n ring daarop,” anders nie. Die Bybel leer dat ons dat die huwelik en alles wat dit beteken baie spesiaal is. Ons moet baie versigtig wees hoe ek (ons) vir die huwelik voorberei.

Die Bybel wys ons hoe God wil hê ons verhoudings moet lyk. Daar is wel nie ‘n vers waarheen ons kan blaai om te sê: “Kyk daar!” nie. Maar, as jy so bietjie soek, kry jy gou ‘n antwoord. Die vraag is nou: gaan ons lewe soos wat Hy ons gemaak het of gaan ons soos daardie vis op droeë grond opeindig?

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

w

Connecting to %s