My Grootse Kersgeskenk

fir-tree-branch-1080x608
 Nog ‘n lang en wilde jaar is verby. Dis nou amper weer Kersfees. Oral hoor ons kersliedjies en die wêreld is vol liggies en blink papier. Jy het seker klaar begin wonder wat jy hierdie jaar vir Pa en Ma as kersgeskenke moet koop. Jy het seker ook al begin wonder wat jy hierdie jaar vir Kersfees gaan kry.Wanneer ons deur die winkels loop, met al die liggies en die liedjies, dan begin ons al na goeie idees soek. Wat kan ek bekostig? Wat kan ek vir die een en vir daai een koop? Dis baie opwindend, nie waar nie?

Jy wil tog graag iets vir iemand kry wat hy of sy graag wil hê. Daar is min dinge so lekker as om vir iemand ‘n present te gee waarvan hy of sy regtig hou. Daardie oomblik wanneer daardie liggie agter hulle oë aangaan nadat hulle die pakkie oopgemaak het… Dit maak mens sommer opgewonde! Dis baie spesiaal.

Agter al die wonder is daar tog ook so bietjie bang wees: Gaan hulle van my geskenk hou? Gaan ek van my geskenke hou? Niemand wil tog ‘n rukkie later agterkom dat hy of sy niks van die geskenk hou wat ek vir hom of haar gegee het nie. Dit maak sommer seer.  Net so min hou enige iemand daarvan om iets te kry wat jy regtig nie van hou nie.

Ons wil graag goeie geskenke gee, en ons wil graag goeie geskenke kry, nie waar nie?

Wanneer die Here Jesus in Mattheus 7:11 besig is om met sy dissipels te praat dan sê Hy vir hulle:

“As julle wat sleg is, dan weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal julle Vader wat in die hemele is, goeie dinge gee aan die wat Hom bid!”

Jesus kom sê hier dat ons as mense foute maak en sonde doen, ons maak mense seer en word deur ander mense seergemaak. Ons is gebreek. Maar selfs al is ons is ons stukkend en sleg, wil ons graag iets mooi en goed aan die mense gee wat ons liefhet.

Maar God is nie soos ons nie. Hy is goed en nie sleg nie. Hy weet presies wat ons regtig nodig het, selfs al weet ons dit nie self nie. Hy is baie lief vir sy kinders daarom het Hy ook vir ons ‘n geskenk kom gee.

Nou as God, wat so wonderlik groot is, aan ons ‘n geskenk kom gee kan ons verwag dat dit ‘n wonderlike geskenk gaan wees, nie waar nie? En dit is wat Johannes 3:16 sê:

“Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.”

Dít is God se geskenk aan jou. Is dit nie wonderlik nie? Hy gee sy Geliefde Seun sodat jy die ewige lewe kan hê. Nou wanneer ons hierdie jaar geskenke koop om vir mekaar te gee, kom ons gee geskenke aan mekaar wat ons aan hierdie Groot Geskenk herinner. Ek dink dit is die spesiaalste soort geskenk wat enige iemand ooit kan gee.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

w

Connecting to %s