Moet ek by ‘n Gemeente inskakel?

harry-miller-106042.jpgDaar is baie redes hoekom al meer mense wat hulle self “Christene” noem nie meer deel  van ʼn formeel georganiseerde groep gelowiges wil wees nie. M.a.w. daar is al meer “Christene” wat nie meer deel van ʼn gemeente wil wees nie.

Die redes wissel van “ek is nie lus nie vir hierdie klomp mense nie” en “ek hou nie van die manier hoe hulle kerk hou nie” tot “ek is kwaad vir die kerk want dit en dat het gebeur” en “ek het in die kerk baie seer gekry”.Persoonlik het ek dit al dikwels beleef dat iemand klaar besluit het dat hy of sy nie meer lus is om kerk toe te gaan nie, en nou soek hulle ʼn rede wat goed genoeg is om hulle gevoelens te regverdig. Gaan dink mens mooi oor meeste van die redes wat gegee word, is dit eensydige, negatiewe, en dikwels emosionele redes. Dit is nie versigtig geweegde antwoorde wat na Bybelse wysheid soek nie.

Die gedagtes wat ons lei om so ʼn besluit te maak, kom nie uit die Bybel uit nie. Daarenteen vermaan die Bybel ons herhaaldelik en op verskillende maniere om deel van ons plaaslike gemeente te wees en te bly! ʼn Christen kan nie in afsondering bestaan of groei nie.

Hoewel die Bybel op verkeie plekke en op verskillende maniere oor hierdie saak praat, is daar ʼn paar groot gedagtes wat ek graag wil uitlig.

God wil hê jy moet deel van ʼn gemeente wees!

HEBREËRS 10:25‘en laat ons ons onderlinge byeenkoms nie versuim soos sommige die gewoonte het nie, maar laat ons mekaar vermaan, en dit des te meer namate julle die dag sien nader kom. ‘

Behalwe dat ons in Hebreërs direk die opdrag kry, is dit nie iets wat God net by geleentheid gesê het nie. Dit is iets wat in die vesels van die Bybelse manier van dink ingeweef is.

God is Drie-Enig: Vader, Seun en Heilige Gees. Hy-self is die volmaakte voorbeeld van ʼn gemeenskap! Hy het die mens na sy beeld gemaak as man en vrou. Toe die mens alleen was, het God gesê: Dit is nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom ʼn hulp maak wat by hom pas en hulle sal een vlees wees! Hy het met Abram die verbond gesluit en Abram se naam verander na Abraham – vader van ʼn menige van nasies! Die Here Jesus se opdrag aan die kerk is, gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. Uiteindelik lees ons ook dat daar ʼn menigte van nasies, volke en tale voor die Ewige troon in die hemele teenwoordig sal wees.

Dit is nie die wil van God dat die gelowige in afsondering moet bestaan nie. Dit behaag Hom juis dat die gelowige in ʼn geloofsgemeenskap moet funksioneer. Omdat dit God behaag, is dit vir ons prioriteit.

ʼn Skaap weg van die trop af, is wolwekos.

Ons het ʼn sondige natuur. Dit beteken dat ons geneig is om die verkeerde ding te wil doen. Dit kom vanself. Nie net wil ek die verkeerde dinge doen nie – ons doen dit dikwels!

In Efesiërs lees ons hoe Paulus bid dat hulle verligte oë van hulle verstand mag hê. M.a.w. dat hulle die waarheid mag ken en die onderskeidingsvermoë mag hê om die waarheid te onderskei van die leuen. Dat hulle kan onderskei tussen waar en vals, reg en verkeerd, goed en sleg. As ons weer na die gedeelte in Hebreërs kyk sien ons dat ons op mekaar moet let en mekaar moet vermaan. Ons moet mekaar oppas en ons moet mekaar se belange op die hart dra.

HEBREËRS 10:25‘en laat ons ons onderlinge byeenkoms nie versuim soos sommige die gewoonte het nie, maar laat ons mekaar vermaan, en dit des te meer namate julle die dag sien nader kom. ‘

Hoeveel keer roep die Bybel ons nie op om eensgesind te wees nie. Ten minste 32 Bybelboeke raak die onderwerp aan! As ons eensgesind is, kan ons mekaar beskerm, mekaar help opbou en mekaar help om in die geloof te floreer.

Daarom: ʼn Skaap op sy eie is weerloos en sonder beskerming. Hy is wolwekos… Ons het ʼn gemeenskap van Bybel-gelowige kinders van God rondom ons nodig.

Op jou eie gaan jy meer van teologie kan leer – maar jy kan nie in jou geloof groei nie.

2 Petrus 1 is o.a. een van die Skrifgedeeltes wat oor naasteliefde, broederliefde, lydsaamheid en selfbeheersing praat. Dan gaan Petrus verder en sê in vers agt en nege die volgende:

II PETRUS 1:8 – 9‘Want as hierdie dinge by julle aanwesig is en toeneem, dan laat dit julle nie ledig of onvrugbaar tot die kennis van onse Here Jesus Christus nie; want hy by wie hierdie dinge nie aanwesig is nie, is blind en kortsigtig, en het die reiniging van sy vorige sondes vergeet. ‘ 

As jy dus die Here Jesus ken en op Hom vertrou, sal jy b.g. dinge toenemend doen, en jy sal nie onvrugbaar of ledig wees in jou kennis van die Here Jesus Christus nie. As jy dus nie groei in jou geduldigheid, in jou naasteliefde of broederliefde nie, is jy onvrugbaar en het jy die reiniging van jou vorige sondes vergeet.

Wanneer jy op jou eie is: het jy geduld nodig? As alles gaan soos wat dit jou behaag: het jy selfbeheersing nodig? Kan jy sê dat jy jou broer of jou naaste liefhet as jy net wil hê dat hulle jou moet uitlos soos wat jy hulle uitlos?

Op jou eie kan jy dus in teoretiese kennis van Jesus groei, maar jy sal nie in jou geloof kan groei nie, want hierdie teoretiese kennis word nie toegepas nie.

Die Bybel gee dus aan ons wat God wil dien duidelike en goeie redes hoekom ons aktief moet deelneem aan die aktiwiteite van ons plaalike gemeente. Die vraag daarom is dan nou: “Liewe Christen, is jy gehoorsaam aan hierdie opdrag?” Mag die Heilige Gees ons hiermee help.

Hier is ‘n heelwat vollediger behandeling van die onderwerp. Lees dit gerus.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

w

Connecting to %s