Hoekom het ons hierdie 66 Boeke in ons Bybel?

bible-1846174_960_720.jpgDie woord “Kanon” word gebruik om die Boeke wat Goddelik geïnspireer is (en daarom in die Bybel hoort) te beskryf. Alles sou baie makliker gewees het as die Bybel iewers vir ons ʼn lys gegee van al die Boeke wat in die Bybel hoort (en watter nie). Dit is egter nie so eenvoudig nie. Die proses om die Kanon vas te stel is ʼn proses wat aanvanklik deur die Joodse rabbi’s en skrifgeleerdes begin is en later deur die vroeë Christelike kerk voortgesit is. Hoewel mense by die proses betrokke was, moet ons eindelik erken: Dit was God wat besluit het watter Boeke in die Kanon hoort en watter nie. Elke Bybelboek wat deel is van die Kanon was deel daarvan vanaf die oomblik dat God die skrywer geïnspireer het om die Boek te skryf. Die boeke self het, deur die werk van die Heilige Gees, die lesers oortuig dat hulle Goddelik is. Ons noem dit die selfgetuienis van die Skrif. Erkenning van die gesag van die Bybelboeke het oor jare (eeue) plaasgevind. Die kerk het nooit amptelik besluit watter boeke is kánoniek nie, maar slegs hulle Kanonisiteit erken.Wanneer die Ou Testament met die Nuwe Testament vergelyk word, was daar baie minder kontroversie rondom die vasstelling van die Ou Testament. Die Hebreeuse gelowiges het God se boodskappers erken en hulle geskrifte as geïnspireerde Woord van God aanvaar. Hoewel daar in 250 n.C. wel debat oor die Boeke van die Ou Testament gevoer is, was daar tog ʼn byna universele konsensus oor Hebreeuse Kanon. Die enigste saak ter sprake was oor die Apokriewe boeke – die debat gaan vandag steeds voort. Die oorgrote Hebreeuse geleerdes het egter die Apokriewe as goeie historiese en selfs godsdienstige dokumente beskou, maar dit was nooit met die selfde kredietwaardigheid as die Kanon hanteer nie.

Die Nuwe Testament daarenteen het ʼn hele roete gevolg. Die proses om die Boeke te erken en te versamel het in die eerste eeu van die Christelike kerk begin. Vroeg reeds is sommige van die Nuwe Testamentiese boeke as gesaghebbend erken. Paulus het Lukas se geskrifte as net so gesaghebbend as die Ou Testamentiese Boeke beskou. (sien ook Deuteronomium 25: 4 en Lukas 10:7)

I TIMÓTHEÜS 5:18
‘Want die Skrif sê: Jy mag ’n os wat graan dors, nie muilband nie; en: Die arbeider is sy loon werd. ‘

Petrus weer het Paulus se briewe as gesaghebbend erken.

11 PETRUS 3: 15-16
‘En ag die lankmoedigheid van onse Here as saligheid, soos ons geliefde broeder Paulus ook met die wysheid wat aan hom gegee is, aan julle geskryf het, net soos in al die briewe. Hy spreek daarin oor hierdie dinge, waarvan sommige swaar is om te verstaan, wat die ongeleerde en onvaste mense verdraai, net soos die ander Skrifte, tot hul eie verderf. ‘

Sommige van die boeke van die Nuwe Testament was reeds tydens Paulus se lewe in sirkulasie tussen die gemeentes.

KOLOSSENSE 4:16
‘En wanneer hierdie brief by julle gelees is, sorg dat dit ook in die gemeente van die Laodicense gelees word en dat julle ook dié uit Laodicéa lees. ‘

I THESSALONICENSE 5:27
‘Ek besweer julle by die Here dat hierdie brief aan al die heilige broeders voorgelees word. ‘

Clement van Rome vermeld ten minste 8 van die Nuwe Testamentiese Boeke in sy geskrifte (95 n.C.) Ignatius van Antiogië erken 7 (115 n.C.) Policarpus, ʼn dissipel van Johannes die Apostel, erken 15 Nuwe Testamentiese Boeke (108 n.C.) Later vermeld Irenaeus 21 boeke (185 n.C.) Hippolais erken 22 boeke (170 – 235 n.C.) Die Nuwe Testamentiese Boeke waaroor die meeste gewonder is, was Hebreërs, Jakobus, 2 Petrus asook 2 en 3 Johannes.

Die eerste Kanon was die Muratoriese Kanon, wat in 170 n.C. vasgestel is. Die Muratoriese Kanon het al die Nuwe Testamentiese boeke, behalwe Hebreërs, Jakobus, en 3 Johannes, ingesluit. In 363 n.C. het die konsilie van Laodicea bepaal dat slegs die Ou Testament, met een boek uit die Apokriewe en 26 Boeke van die Nuwe Testament (almal behalwe Openbaring) in die kerke gelees mag word. Die Konsilie van Hippe (393 n.C.) asook die Konsilie van Carthago (397 n.C.) het die selfde 27 Boeke van die Nuwe Testament – die wat ons vandag steeds het – as gesaghebbend herken.

Die konsilies het min of meer die volgende riglyne gevolg:

  1. Was die Skrywer ʼn Apostel of het hy ʼn noue verbintenis met ʼn Apostel gehad?
  2. Is die boek globaal deur die liggaam van Christus as Woord van God erken?
  3. Is die lering en dogma wat in die Boek opgeneem is in ooreenstemming met die res van die Bybel?
  4. Dra die Boek die merktekens wat met hoë morele en geestelike waardes gepaard gaan en telkens na vore kom wanneer die Heilige Gees werk?

Weereens is die baie belangrik om te onthou dat die kerk nie bepaal het watter Boeke in die Kanon hoort en watter nie in die Kanon hoort nie. Die vroeë kerk het nie oor die Kanonisiteit van die Bybelboeke besluit nie. Hulle het bloot die Kanonisiteit van die Boeke ontdek. God het bepaal watter boeke Kanoniek is en watter nie. God het deur sy Gees sy kinders gelei om sekere boeke as Kanoniek te erken. Hoewel die menslike proses om die boeke te erken ook met sonde besmet was het God in sy soewereiniteit (en selfs ten spyte van menslike kortsigtigheid en hardkoppigheid) die vroeë kerk tot die erkenning gebring dat Hy hierdie 66 boeke geïnspireer het.

Vertaal deur ds. HJ Dafel, met notas van prof. JAE Adendorff.
Bron: www.gotquestions.org

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s