Die Institusie van Calvyn

john-calvin-closeup

Opnuut in Afrikaans vertaal en verkort weergegee deur Ds. A. Duvenage.

Hierdie boek is nie bedoel om in die plek van die Institusie gelees te word nie maar om die gewone lidmaat vertroud te maak met die gedagtes van die groot hervormer en om hom op die wyse begerig te maak om self die Institusie te lees en homself te bou met die rykdom van Skrifkennis en ware godsvrug wat soos ‘n verkwikkende waterstroom daarin vloei. Ek is daarvan oortuig dat die gelowiges in ons land, wie hulle ook mag wees en watter posisies hulle ook in die kerklike, maatskaplike en staatkundige lewe van die volk mag beklee, alleen dan die regte koers kan hou en aanwys as hulle weer geestelik hierdie wapenrusting aangetrek het.Daarom het ek ook Calvyn self laat praat en nie sy gedagtes in my woorde weergegee nie.
Dit maak dit aangenamer om die boek te lees. Lang aanhalings uit die kerkvaders en ander skrywers is weggelaat, of net ‘n enkele greep daaruit gemaak. So ook is die verklaring van tekste soveel moontlik beperk en word gewoonlik net na hulle verwys. Tekste wat in ons Afrikaanse Bybel anders lees as die lesing wat Calvyn gehad het, is weggelaat. Daardeur ly die leser egter geen skade nie. Die getal is maar baie gering.

Hiermee bied ek die werkie aan aan almal in ons land wat dieselfde dierbare geloof verkry het. Mag dit baie lesers vind. En mag die Here sy seën daarop gebied, sodat ons sal volhard om te wandel op die ou paaie, omdat hulle die beproefde paaie is.

Hierdie boek is in 1967 uitgee deur Pro Rege-Pers. As u ‘n harde kopie in die hande kry – koop dit gerus. HIer is egter ‘n elektroniese weergawe van hom beskikbaar… Geniet dit!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s