Bywyse oor die Christelike Geloof

1B8AD3B8-40B7-4A05-ABAE-A8F6D8A1A7C8Is die Bybel histories betroubaar? Is daar bewyse vir Christus se aanspraak dat Hy God is? Sal die Christendom sterk bly staan voor die kritici van die 21ste eeu? Hierdie omvattende boek bied antwoorde op dié vrae en nog baie meer.Vandag word daar al meer druk op Christene geplaas om te bewys dat hulle geloof relevant en geloofwaardig is. In BEWYSE OOR DIE CHRISTELIKE GELOOF verdedig Josh McDowell op uitmuntende wyse die geldigheid en betroubaarheid van die Bybel. Met vernuf en goeie argumentering weerlê hy enige kritiek op kernwaarhede en die basiese fondamente van die Christelike geloof soos die maagdelike geboorte, die kruisiging en opstanding. Met die nuutste navorsing en dokumentering van argeologiese bewyse snoer hy telkens die grootste kritikus se mond.

In ’n wêreld waar mense al hoe meer twyfel aan die geldigheid van die Christelike geloof, die geloofwaardigheid van die Bybel en die genade van God, sal die Christen by die lees van hierdie boek opnuut weet en ervaar dat God die almagtige Skepper is van hemel en aarde; dat Jesus sy Seun en ons Verlosser is; dat ons die reis na die ewigheid onder leiding van die Heilige Gees vol vertroue kan aanpak. Die ideale boek vir ingeligte en soekende lesers wat die evangelie met meer vrymoedigheid wil verkondig sonder om vir kritiek terug te deins.

Hier is ‘n skakel na ‘n aanlyn weergawe van die boek.
Bewyse oor die Christelike Geloof (ongelukkig is die hele boek nie hier beskikbaar nie)

Die boek kan egter as ‘n e-boek aangekoop word vir R135,00 by Takealot.

Hierdie is ‘n boek wat uit Engels vertaal is. Die Engelse weergawe is miskien bietjie makliker verkrygbaar. Die titel in Engels: The New Evidence That Demands a Verdict: Fully Updated.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

w

Connecting to %s