Stalletjie by die Interhoër

Op 24 Februarie 2018 was dit Hoërskool Rob Ferreira se beurt om die Interhoër aan te bied. Dit was ‘n groot storie en mens kan maar net wonder hoeveel reëlwerk voor die tyd moes gebeur!

Die AP Kerk Witrivier het die geleentheid aangegryp om hierdie jaar worsbroodjies en prego’s te verkoop. Reeds die vorige aand het ons begin broodjies smeer en uie kap… Dit was ‘n heerlik verrassing om te sien hoeveel van ons lidmate ‘n handjie kom bysit – ek is die Here diep dankbaar!

Die volgende oggend was sommige van ons reeds 05:00 (die oggend!) op die terrein en ek kan met diepe waardering en bewondering vertel dat meeste van hulle tot 18:00 (die aand!) gehelp het. Daar was ook ‘n hele klomp lidmate wat tussen deur ander verpligtinge ‘n handjie kom gee het. Dit was ‘n heerlike dag, en ons het rede om baie dankbaar te wees. Almal het met ‘n heerlike gees saam gewerk. Die Here het ons werklik geseën.

Mag ons hierdie genade gawe gebruik om sy Naam te verheerlik! SDG!

Creative Bible Teaching

51NnpVmeSzL._SX326_BO1,204,203,200_
Bou jy brûe? Om die boodskap van die Skrif helder en duidelik oor te dra is baie soos om ʼn brug te bou. Daar is egter ʼn groot verskil. In stede daarvan om ʼn pad oor valleie of riviere te probeer bou moet die voorganger in hierdie geval beide kulturele grense en die groot gaping tussen die hede en antieke tye oorbrug. Hierdie figuurlike brug moet ook nie net die hede en die verlede oorspan nie, maar ook die toekoms! Lees voort

Bybelstudie in ‘n Neutedop

75598Wanneer ‘n mens die Bybel bestudeer is dit maklik om as’t ware oor al die kosbare skatte te lees. ‘n “Induktiewe Bybelstudie proses” kan ons hiermee help. Hier is een wat uit Richards en Bretfield se “Creative Bible Teaching” oorgeneem is.

Eers gaan ons elke stap verduidelik. Aan die einde van hierdie dagboekinskrywing sal ons ook skakel na ‘n PDF-werkkaart plaas wat jou stap vir stap deur die proses sal begelei. Mag jy ‘n nuwe diepgang in jou Bybelstudie beleef. Lees voort

Die Institusie van Calvyn

john-calvin-closeup

Opnuut in Afrikaans vertaal en verkort weergegee deur Ds. A. Duvenage.

Hierdie boek is nie bedoel om in die plek van die Institusie gelees te word nie maar om die gewone lidmaat vertroud te maak met die gedagtes van die groot hervormer en om hom op die wyse begerig te maak om self die Institusie te lees en homself te bou met die rykdom van Skrifkennis en ware godsvrug wat soos ‘n verkwikkende waterstroom daarin vloei. Ek is daarvan oortuig dat die gelowiges in ons land, wie hulle ook mag wees en watter posisies hulle ook in die kerklike, maatskaplike en staatkundige lewe van die volk mag beklee, alleen dan die regte koers kan hou en aanwys as hulle weer geestelik hierdie wapenrusting aangetrek het. Lees voort